EKSKLUSIEWE: Dewald Wasserfall stel nuwe enkelsnit bekend
Updated | By Marius van der Walt
Dewald Wasserfall vier goue status met 'n nuwe liedjie

Afrikaanse kunstenaar Dewald Wasserfall het besluit om sy album “Jy is die storm” se goue status te vier deur ‘n nuwe enkelsnit bekend te stel.
“Laat die lig inkom” is die tweede enkelsnit van Dewald se derde solo album. Die album het reeds 15 000 eenhede verkoop sedert dit die eerste keer op die rakke verskyn het.
Volgens Dewald handel “Laat die lig inkom” daaroor om te vergeet van die verlede se gevegte en seer, en te fokus op die toekoms.
ALSO WATCH: Ed Sheeran celebrated his birthday with release of new song
“Om die goeie in jou lewe toe te laat en afstand te doen van die sleg… om jou eie lig te skep in tye van donker,” sê Dewald.
Bo-en-behalwe ‘n toer na Dubai in 2017, is Dewald se konsertkalender besig om vinnig vol te raak met verskeie plaaslike optredes wat beplan word.

Show's Stories
-
Will South Africa really get a Grade 13 from 2026?
Rumours that the Department of Basic Education will introduce Grade 13 n...
Breakfast with Martin Bester 20 minutes ago -
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 23 hours ago