Joshua na die Reën se nuwe musiekvideo vertel 'n storie van hoop
Updated | By MornéJK
Joshua na die Reën het pas sy nuwe musiekvideo vir Laat Die Wind My Neem bekend gestel.

Dit is die man met die strelende stem se tweede enkelsnit vanaf sy album, Wereld Binne My.
“Laat Die Wind My Neem gaan eintlik oor die eerste woorde wat in die tweede versie voorkom. Soms wil ek net loop waar die velde in my groen is en die lug vol hoop, maar om die droogte in die oë te kyk, dit leer my die kuns om te staan deur tyd” sê Joshua.
Hy meen dit is baie maklik maklik om weg te hardloop van die moeilike dinge in die lewe af, maar dat dit beter is om uitdagings in die gesig te staar en deur te werk.
"In verhoudings of in wie jy is in jouself kan mens aan die anderkant uitstap met iets wat jy geleer het en karakter wat gebou is, maar as jy weghardloop van dit af gaan dit jou net weer en weer inhaal,” vertel hy.
Kyk die video hier:
Show's Stories
-
Guinness World Records crowns "World's Smallest Park"
It might also be the cutest little park you've ever seen.
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
Donatella Versace to step down as Versace's creative head
In 1978, brothers Gianni and Santo Versace co-founded one of the most ic...
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago