KYK: Beeldskone weergawe van 'Toe Vind Ek Jou' vir nuwe 'Fiela Se Kind' fliek
Updated | By Dean Paulse
'n Splinternuwe weergawe van die treffer, 'Toe Vind Ek Jou' is die amptelike temalied vir die nuwe 'Fiela Se Kind' fliek.
![Toe Vind Ek Jou kykNET](https://turntable.kagiso.io/images/Screen_Shot_2019-09-09_at_14.36.30.width-800.png)
'Fiela se Kind', die filmaanpassing van die topverkoper-roman deur Dalene Matthee, is na meer as 30-jaar weer op die silwerdoek te sien.
LEES: Die nuwe 'Fiela se Kind' lokprent is uiteindelik hier
Die fliek wat landswyd vanaf 13 September 2019 in rolprentteaters te sien sal wees, vertel die verhaal van 'Fiela Komoetie', ’n hardwerkende bruin vrou wat in die verdorde Karoo woon en ’n verlore wit kind inneem en hom grootmaak as haar eie.
LEES OOK: "Dit gaan oor liefde"- Zenobia Kloppers oor die nuwe 'Fiela se Kind'
Die amptelike temalied vir die fliek, 'Toe Vind Ek Jou' wat deur Karen Zoid en Francios van Coke in 2015 uitgereik is, is aangepas en word nou gesing deur Margot Rothman.
KYK DIE BEELDSKONE MUSIEKVIDEO HIER:
Show's Stories
-
LUISTER: 'Binnelanders'-paartjie deel meer oor sepietroue!
Reynardt Hugo en Melinda Viljoen het met die Drive-span gesels oor hulle...
The Drive with Rob & Roz 50 minutes ago -
Experts share the best dental tips and advice
It's time to step up your dental health game.
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago