LUISTER: Christia Visser deel spesiale lied vir verloofde ná troue uitgestel word
Updated | By Persverklaring
Visser het ‘n spesiale liedjie geskryf vir haar verloofde wat sou speel terwyl sy by die paadjie afstap - luister daarna hieronder.

Christia Visser sou met die liefde van haar lewe, Thomas Webb trou in April 2020, maar die troue moes uitgestel word weens die huidige staat van inperking.
LEES OOK: Riana Nel says "thank you" to all the frontline workers with emotional new song
Haar troudag is waar die paartjie die liedjie vir die eerste keer sou hoor. Visser vertel dat sy steeds die liedjie gaan gebruik op haar troudag waarvoor dit bedoel was, maar sy het kreatief geraak en besluit om ‘n spesiale oomblik daarvan te maak in die privaatheid van hulle woning.
“Ek het kerse aangesteek en Sushi bestel. Ons het in ons sitkamer op die mat gesit en ek het die liedjie vir hom gespeel. Dit was privaat en intiem. Presies soos dit hoort”, vertel Visser.
“Die amptelike troue is uitgestel tot verdere kennisgewing. Ons beoog wel om so gou moonltik ons beloftes aan mekaar te maak. Alles is baie opwindend. Ons trou meer as een keer en ek sal ‘n honderd keer met hom trou”, vertel sy opgewonde.
LEES OOK: Aktrise Christia Visser is verloof!
Dié nuwe enkelsnit gaan daaroor dat jy iemand vertrou dat jy bereid is om jou weerlose-self voor hulle te wees. Die liedjie wys weereens dat Visser haarself vestig as ‘n voorloper in die industrie met nuwe klanke en eerlike lirieke waarmee aanhangers sal aanklank vind.
“Ek beoog om altyd eg te wees. Ek skryf wat ek voel. Daar word so baie geskryf oor die liefde. Ek wou seker wees hierdie een is eie aan ons”, vertel sy.
View this post on InstagramExploring with Him!! ❤🌊🌿 #Hike #Love #View #Nature #Couple #Happiness #instadaily
A post shared by C h r i s t i a V i s s e r (@christia_visser) on
View this post on Instagram21 day lockdown with him? ... OK! 😄 --- 👙:@jinibikinis --- #Couple #Love #Beach #Lagoon #Sunshine
A post shared by C h r i s t i a V i s s e r (@christia_visser) on
Die liedjie kan hier afgelaai word.
Show's Stories
-
Guinness World Records crowns "World's Smallest Park"
It might also be the cutest little park you've ever seen.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
Donatella Versace to step down as Versace's creative head
In 1978, brothers Gianni and Santo Versace co-founded one of the most ic...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago