MUSIEKVIDEO: Elvis Blue skryf oor vriendskap en eensaamheid gedurende COVID-19 inperking
Updated | By Persverklaring
Die musiekvideo gee kykers 'n outentieke blik “agter die skerms” van Elvis en sy huismense - kyk dit hieronder.
Musiek bly iets wat mense saam bring, selfs al kan mense nie fisies saam wees nie, en dit bly ‘n kragtige medium om woord te gee aan die emosies en gevoelens van so baie mense in hierdie tyd.
KYK OOK: Karen Zoid en Elandré steel harte met spesiale weergawe van 'Vuur Op Die Water'
‘n Liedjieskrywer soos Elvis Blue se slag met en pen en papier het dit nog altyd reg gekry om uiting te gee aan dié gevoelens en in die gesig van hedendaagse uitdagings doen hy dit wraggies weer!
“Die inperking het my baie laat dink aan eensaamheid en vriendskap. Ek besef so baie mense sit aleen deur die tyd en dit is 'n verskriklike gedagte. Ek dink ook baie aan my eie vriende. Dit is waaroor ek probeer skryf het in die lied. Wat beteken vriendskap vir my? Dit is wanneer iemand bereid is om langs jou te staan, selfs al raak dinge moeilik," vertel Blue.
"Ek hoop ek is só 'n vriend," voeg die sanger by.
Tye soos die dwing ‘n mens om te kyk na wat werklik vir jou belangrik is- Elvis Blue
In sy jongste musiekvideo wys Blue weereens hoekom sy musiek soveel mense diep aanraak en vir baie as die klankbaan van beide swaar en lekker seisoene dien.
Met die universele waarheid van vriendskap in ‘n seisoen van isolasie, en die outentieke blik “agter die skerms” van Elvis en sy huismense, is die lied en die video beslis in die kol!
Show's Stories
-
VIDEO: Tourist biker tries to make friends in SA
Are South Africans really the friendliest people?
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Romantic drama triggers government crackdown on Iranian film
A romantic drama about an elderly couple who share a night together to e...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago