Lokprent: Twee Grade van Moord
Updated | By MornéJK
Die Suid-Afrikaanse film Twee Grade Van Moord, wat op 22 Julie 2016 in fliek teaters landswyd open, se amptelike lokprent is Maandag bekendgestel.
Dit is die eerste keer in dekades wat die geliefde akteurs, Sandra Prinsloo en Marius Weyers, weer saam op die grootskerm verskyn!
Die film speel af in die Kaap met die bekende regisseur, Gerrit Schoonhoven, aan die stuur daarvan.
Aleksa Cloete (Sandra Prinsloo), is ‘n bekende Kaapstadse sielkundige met ‘n topverkoper boek, Die Liefde Kwes Nie wat haar intellektuele standpunt oor die liefde onderskryf, alhoewel haar lang en gelukkige huwelik met Ben (Marius Weyers) dit weerspreek.
Hul enigste kind, Christiaan (Roelof Storm), was geforseer om in sy grootword jare baie staat te maak op die liefde van sy “tweede Ma”, die lojale huiswerker, Fy Abrahams (Shaleen Surtie-Richards).
Aleksa onderneem om deel te wees van ‘n dokumentere realiteitsreeks waarin daar gefokus word op haar terapeutiese werk onder vrouens wat liefde met pyn verwar en een van haar pasiënte, Tanya Basson (Hilda Cronje), stem in om die proef-konyn te wees.
Die fliek sluit ook ander plaaslike gunsteling akteurs in soos Shaleen Surtie-Richards.
Show's Stories
-
LISTEN: How long it should take you to fall asleep
Is your sleep schedule normal or do you need to make some changes?
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
VIDEO: Tourist biker tries to make friends in SA
Are South Africans really the friendliest people?
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago