Noem My Skollie binnekort vrygestel
Updated | By MornéJK
Regisseur, Daryne Joshua maak sy debuut met die nuwe Afrikaanse film, Noem My Skollie, wat in September fliek-teaters tref.

Volgens 'n verklaring speel die film af op die Kaapse Vlakte en in Pollsmoor-gevangenis en is gebaseer op die lewe van draaiboekskrywer John W. Fredericks.
Noem My Skollie vertel die verhaal van vier tieners, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat in die armmoedige bendewêreld van die Kaapse Vlakte grootword. Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy wat hulle daaglikse lewens infiltreer, maar wanneer AB deur ’n traumatiese ondervinding gaan, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm.

Die vier vriende, wat nou soos broers is, pleeg nie ernstige misdade nie, maar ten spyte daarvan hou die polisie hulle dop deur hul tienerjare en totdat hulle ’n groep gewilde jong mans word.
Uituindelik word die ouer AB (Dann-jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) gearresteer tydens ’n inbraak en word hulle tot twee jaar tronkstraf gevonnis.
Show's Stories
-
A bond like no other – big bros and baby sisters
A precious reminder that acts of love between siblings are possible but ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 11 minutes ago -
Cancún hotels use hawks to keep pigeons away
People living in the city centres will probably agree that even pigeons ...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 12 minutes ago