KYK: Gewilde '7de Laan'-akteur terug op die kassie na 15 jaar
Updated | By Jacaranda FM
Dié geliefde '7de Laan'-akteur is na 15 jaar weer te sien op die kassie nadat hy 'n rol op 'n gewilde kykNET-program aanvaar het.
Pedro Camara, beter bekend vir sy rol as 'Carlos Perestrelo' in die '7de Laan', is na 15 jaar weer te sien op die kassie.
LEES: Gewilde kykNET-reeks kom tot 'n einde
Camara, 58, is tans te sien in die gewilde kykNET&Kie program, 'Arendsvlei'.
Volgens Huisgenoot, het Camara die TV-wêreld vir lank vermy.
LEES: Demi Lee Moore sing weer 'By Jou' van Theuns Jordaan
Hy moes eers die moord op sy pa, Abel, in 2007 verwerk.
Abel is op 29 Desember 2007 in sy Rawsonville-kroeg twee keer in die bors geskiet ná toemaaktyd toe vier gewapende verdagtes ingestorm het.
Abel is dood en nog 'n man is beseer.
LEES: Karlien van Jaarsveld waarsku oor Facebook-kuberkrakers
Ná die saak het Camara aan die Daily Voice gesê: "Dit bring nie my pa terug nie. Dit was 'n wrede en sinnelose moord... Ek mis my pa verskriklik.""Die moord is so sinneloos en barbaars... hy was 'n weerlose ou man. Ek is bly die saak het geëindig... dit was hel."
Na sy pa se skielike dood het Camara van die kassie verdwyn om op sy familie te fokus.
LEES: 'Op My Eish' se Francois Jacobs en sy meisie gesels oor die toekoms
"Die familie het my nodig gehad," het hy aan Huisgenoot genoem.
Camara vertolk die rol van 'Heinrich' in 'Arendsvlei' - en is verlief op 'Beatrice Abrahams' (Jolene Martin).
#Arendsvlei: Wanneer my eks my op 'n date sien die Festive... begin ek sing: "Wela, wela, wela..." 😜😅🥲😍 pic.twitter.com/Qljltpy51x
— kykNET&kie (@kykNETkie) November 6, 2023
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
SA shocked over R50,000 local designer dress
South Africans expressed their shock after discovering the R50,000 dress...
The Drive with Rob & Roz 1 day, 10 hours ago -
What is the difference between sell-by and use-by dates?
As the authorities discover more spaza shops illegally selling food item...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 12 hours ago