Afrikaanse film maak opspraak in buiteland
Updated | By MornéJK
Die Afrikaanse film Krotoa spog met 6 benoemings by internasionale filmfeeste, en dit nog voor dit in Suid Afrika begin draai.

Krotoa het ook reeds 'n rits toekennings ontvang vir die maatskaplike kwessies wat dit aanraak, waaronder 'n toekenning van uitnemendheid by die Internasionale Rolprentfees vir Vroue, Sosiale Kwessies en Zero-diskriminasie, 'n Beste Rolprent van die Fees-toekenning by die Depth Of Field International Film Festival, 'n Platinum-toekenning by die Internasionale Rolprenttoekennings en 'n Diamant-toekenning by die Wêreldfees vir Filmmakers.
Die geskiedkundige drama vertel die storie van 'n vurige 11-jarige Khoi-prinses, wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck te gaan werk.
LEES OOK: Lokprent: Die Rebellie Van Lafras Verwey
Krotoa is geskryf deur Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid en is in samewerking met met bekroonde filmvervaardiger Roberta Durrant vervaardig.
"Daar is baie min Suid-Afrikaanse vroue, in vergelyking met mans, wat erkenning kry vir die impak wat hulle op die land se geskiedenis gehad het. Vroue soos Ruth First, Lillian Ngoyi, Bettie du Toit en Sophia Williams-du Bruyn het sterk gestaan in die opstand teen die Apartheids regering. Wanneer ons egter delf in Suid-Afrika se ryk geskiedenis, ontdek ons dat daar ander vroue is wat instrumenteel was tot die ontwikkeling van ons nasie was," sê Durrant.
Show's Stories
-
LOOK: Iconic TV house goes on sale for R250 million
Few people can keep up with this price!
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
LISTEN: Passengers scolded for gross backseat behaviour
Where are public displays of affection appropriate?
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago