Akteur Stian Bam vind liefde
Updated | By Dean Paulse
“Jou empatie maak my nederig, jou passie en lewenslus gee my krag. Ek het jou lief," so skryf Stian Bam op Facebook vir sy kêrel Handré Basson.

Die bekende en talentvolle Afrikaanse akteur Stian Bam het Vrydag op Facebook 'n inskrywing gedeel oor die nuwe liefde in sy lewe.
Dié bekroonde akteur, het op Facebook onthul dat hy in 'n verhouding is met Handré Basson, 'n 23-jarige student van Stellenbosch.
LEES: EKSKLUSIEF: 'Villa Rosa'-ster Therese Bam terug in sepie na 6 jaar!
"Tien maande gelede het ek en jy wortel geskiet. ‘n Toevallig ontmoeting as gevolg van ‘n Duitse Wespe. En ons lewens het ingrypend verander. Ons reaksies op mekaar was onmiddellik. Ek wou daarteen baklei, myself verset en dit ontken, soos soveel keer van tevore, maar ek kon dit nie regkry nie," so skryf Stian Bam op Facebook.
Volgens Handré se Facebook-profiel, is hy 'n Matie-student en navorser by die Lepidopterists Society of Africa - wat skoenlappers en motte navors. Sy profielfoto is 'n wit-en-wart foto van hom en Stian.
LEES: MOET-KYK: Dít is wat die Glam Guru doen gedurende isolasie in sy spoghuis
"Jy het my opgekapte dele bymekaar gaan maak en my tot die lewe geroep. En daarvoor sal ek jou altyd dankbaar wees," skryf Stian Bam.
"Ek het jou lief. Ek het jou lief. Ek het jou lief," skryf hy verder.
Kyk hier na die volledige inskrywing:
LEES: "Dit is altyd lekker om terug te wees" - Nadia Valvekens gesels oor haar terugkeer na 'Binnelanders'
Baie geluk Stian en Handré!
Show's Stories
-
Crazy video shows bakkie in a pool after an accident
That awkward moment when you take a turn too fast, crash through a wall,...
The Workzone with Alex Jay 22 hours ago -
Visit the MiFitness Kids at Syringa Park, Avianto Estate
MiFitness Kids is home to the biggest play park in Syringa Park – a mas...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 22 hours ago