Ampie genomineer vir 'n Tempo
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Ampie du Preez is genomineer vir 'n Huisgenoot Tempo Toekenning vir Beste Pop Album.
![Ampie du Preez](https://turntable.kagiso.io/images/Ampie.width-800.jpg)
"Dis 'n groot eer om saam met kunstenaars soos Jay, Leanie May en Juanita du Plessis genomineer te word en dit gaan nie altyd oor wen nie," het Ampie aan Jacaranda FM News gesê.
Ampie se nuutste album, Geheim is laat verlede jaar bekendgestel maar hy meen hy alweer besig om te skryf aan sy nuwe album alhoewel hy nog nie presies weet wanneer hy gaan begin opneem aan die CD nie.
"As kunstenaar en liedjieskrywer hou mens nooit op skryf nie, en dié keer gaan ek nie die resep volg nie," sê Ampie.
Hy wil 'n vars klank skep en Afrikaanse musiekliefhebbers saam met hom op 'n ondekkings-reis neem om weg te breek van die tipiese Afrikaanse klank.
"Mense soos Elvis Blue inspireer my want hy maak musiek en dwing gehore om daarvan te hou. Op 'n manier stel hy sy gehoor bloot an nuwe klanke en style - dis wat ek wil doen," het hy bygevoeg.
As jy vir Ampie wil stem hier is hoe:
Huisgenoot Tempos
— Ampie (@Ampie007) June 21, 2016
Om te stem,sms die letters TEMD1 met jou naam en adres na 35407 voor 6 Julie'16.Jy kan n kar wen pic.twitter.com/asRVwQ2yxG
Show's Stories
-
LUISTER: 'Binnelanders'-paartjie deel meer oor sepietroue!
Reynardt Hugo en Melinda Viljoen het met die Drive-span gesels oor hulle...
The Drive with Rob & Roz 7 hours ago -
Experts share the best dental tips and advice
It's time to step up your dental health game.
The Drive with Rob & Roz 8 hours ago