KYK: Mej. SA Amy Kleinhans deel pragtige foto van haar kinders
Updated | By Jacaranda FM
Die voormalige Mej. Suid-Afrika en besigheidsvrou, Amy Kleinhans, het onlangs 'n pragtige foto van haar en haar kinders gedeel.
In 1992, het Amy Kleinhans-Curd, geskiedenis gemaak, nadat sy as die eerste Bruin Mej. Suid-Afrika aangewys was.
LEES: SA se mooie Minki word 40!
Sedertdien haar kroning het Kleinhans-Curd talle suksesvolle besighede op die been gebring. Sy het haar eie vonkelwyn, Amelia (haar geboortenaam), en ook haar eie velsorgreeks, The Karoo.
Kleinhans-Curd is met die Nieu-Seelandse sakeman Leighton Curd getroud. Amy is 'n ma van vier, woon in Franschhoek en is die direkteur van verskeie maatskappye, onder andere die huiswerkhulplyn vir onderwysers, Dial-A-Teacher, wat in 2000 saam met die Nelson Mandela Fonds gestig is val.
LEES: Brendan Peyper praat oor skokkende 'Op My Eish!'-oomblik
Hul plase in Franschhoek, Swellendam en in die Wieg van die Mensdom is net 'n paar van die dinge wat Amy besonder besig hou.
Sy is 'n betrokke ma en reël, onder meer, 'n jaarlikse swemfees vir die skool wat haar kinders bywoon.
Kleinhans-Curd het onlangs 'n pragtige foto van haar kinders gedeel.
LEES: Amor Vittone vertel oor haar laaste gesprek met Joost van der Westhuizen
Bekendes soos model Lee-ann Liebenberg en sangeres PJ Powers het kommentaar op die foto gelewer.
In 2023, het sy Suid-Afrika geskok met haar verskyning op die kykNET-realiteitsprogram, 'Die Real Housewives van die Wynlande'.
Sy het kykers 'n kans gegee om te sien hoe haar allerdaagse lewe lyk.
LEES: Die huisvroue ontmoet vir Gloria Arendz
In een van die episodes het sy erken dat sy al voorheen in die tronk was.
In 1997, na haar kroning as die eerste vrou van kleur om Mej. Suid-Afrika te wen, was Kleinhans-Curd in hegtenis geneem vir diefstal.
Sy was aangekla vir winkeldiefstal.
Kleinhans-Curd vertel dat sy in 'n apteek was en toe sy uitstap, het sekuriteit haar ondersoek en 'n lipstiffie in haar handsak gevind.
LEES: Glansvrou Gloria Arendz wys haar Switserlandse-huis
Kleinhans-Curd is toe na 'n tronksel geneem, maar het nie genoem hoe lank sy in die tronk was nie.
Sy sê sy het jare later uitgevind dat iemand glo aspris die lipstiffie in haar handsak gesit het sodat sy moes skuldig lyk.
Die persoon wie die lipstiffie in haar handsak geplant het, was glo op daardie stadium "jaloers" op Kleinhans-Curd.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Joburg man says licence renewal discs annoy him
It seems cutting out the circular shape of your vehicle licence disc is ...
The Workzone with Alex Jay 41 minutes ago -
Residents applaud neighbour for washing car in the rain
No water and you want to wash your car, no problem, wait for the rain...
The Workzone with Alex Jay 41 minutes ago