Angelique Gerber leer om ma te wees in nuwe TV program

Angelique Gerber leer om ma te wees in nuwe TV program

Ma-wees is nie maklik nie, en aktrise Angelique Gerber het besluit om haar ontdekkingsreis met Suid-Afrika te deel.

Angelique Gerber tv show

Angelique is te sien in haar nuwe realiteitsreeks, Angelique & Jr. wat op die Afrikaanse kanaal VIA uitgesaai word.

 

"Ek is opgewonde om uiteindelik met almal te kan deel dat ek en my seuntjie gewerk het aan 'n nuwe realiteits reeks vir VIA," het Angelique op sosiale media gesê.


LEES OOK: Angelique Gerber verwelkom eersteling

 

Die reeks volg Angelique en haar seun, aan wie sy laat verlede jaar geboorte geskenk het, terwyl sy leer hoe om 'n ma te wees.

 

Angelique en haar rugby-man Jacques Potgieter het verlede jaar getrou, en kort daarna het sy haar swangerskap aangekondig.

 

Klein, "Junior" is in Japan gebore, terwyl Jacques daar rugby gespeel het.

Show's Stories