Angelique Gerber verwelkom eersteling
Updated | By MornéJK
Aktrise, Angelique Gerber en haar man, Jacques Potgieter het die week hul baba seuntjie die wêreld in verwelkom.

Jacques, wat in Japan rugby speel, het vroer die week saam met Angelique by 'n hospitaal in daardie land aangemeld en fotos op sosiale media gedeel.
Hy het laat gister op Facebook bevestig dat sy seun gebore is.
"Beste oomblik van my lewe! Baie dankie Liewe Jesus vir n perfekte seuntjie! My vrou Angelique Gerber is so amazing en so sterk! Ek is so trots op jou!" het hy op Facebook geskryf.

Potgieter het ook bevestig dat sy seun, Jacques, 3.170kg weeg en 52.5cm lank is.
"Ek het vandag BAIE respek vir 'n vrou gekry en wat julle moet deurgaan. Welkom my seun. Klein Jacques het geweeg en was 52.5cm lank," het hy gedeel.
Intussen het Angelique ook 'n paar fotos met haar aanhangers op Facebook gedeel en haar trots en dankbaarheid uitgespreek.
Show's Stories
-
Guinness World Records crowns "World's Smallest Park"
It might also be the cutest little park you've ever seen.
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
Donatella Versace to step down as Versace's creative head
In 1978, brothers Gianni and Santo Versace co-founded one of the most ic...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago