Bianca le Grange is die bose koningin in Doringrosie
Updated | By MorneJK
Suid-Afrikaanse sanger en aktrise, Bianca le Grange vertolk eersdaags die rol van Belladonna in die Afrikaanse verhoogproduksie, Doringrosie.

Bianca meen die rol van 'n feeks kom natuurlik vir haar maar dat sy diep gaan moet delf om die karakter haar eie te maak.
"Ek wou nog altyd die rol van 'n antagonis speel en ek kan nie wag vir dié een nie," sê sy.
Biana voeg ook by dat sy uitsien daarna om saam met Charlize Berg, in die rol van Doringrosie, te werk.
LEES OOK: Charlize Berg het die internet oorgevat met haar unieke stem
"Sy is een van die beste kunstenaars in die Suid-Afrika en dit gaan interresant wees om te sien hoe ons stemme op die verhoog bymekaar kom," sê Bianca.
As dit kom by teaterstukke sê Bianca sy leef, eet en slaap om op die verhoog te verskyn.
Amor Vittone sou aanvanklik die rol van Belladonna vertolk maar het kort na 'n fratsongeluk noodgedwonge ontrek uit die produksie.
"'n Musiekblyspel is 'n baie fisiese vertoning en mens moet kan rondspring en dans op die verhoog so my hart gaan uit na Amor maar ek is baie opgewonde oor die rol,"
Doringrosie sal vanaf die 5de Mei tot die 4de Junie vanjaar by Emperor's Palace op die planke wees.
Show's Stories
-
Top tourist attractions in Ghana
From stunning beaches to a heritage site, these are the must-see places ...
Breakfast with Martin Bester 35 minutes ago -
WATCH: Gauteng teacher shares sad reasons she quit her job
A Gauteng teacher has taken to social media to reveal why she is leaving...
Breakfast with Martin Bester 58 minutes ago