‘Binnelanders’ wen prys vir beste sepie
Updated | By Jacaranda FM
Die toekennigs vier prestasies in die volgende kategorieë; akteurs, regisseurs, skrywers, grimeerkunstenaars, kostuumontwerpers en vervaardigers.
Dié geleentheid is Saterdag op SABC 1 uitgesaai met die komediant Mpho Popps en televisieaanbieder Lerato Kganyago as seremoniemeesters.
LEES OOK: Former 'Binnelanders' actress Sandi Schultz excited about new crime series 'Trackers'
kykNET se gewilde sepie, 'Binnelanders' is as beste sepie by die Royalty Soapie-toekenningsaand aangewys. SABC 2 se '7de Laan', wat vanjaar 20 jaar op die kassie is, is in vyf kategorieë benoem is.
Die akteur Dirk Stoltz het met 'n gesogte trofee weggestap toe hy as die grootste skurk aangewys is vir sy rol as DeWet Basson.
Die dokumentêre rolprentmaker, Angus Gibson het ’n eerbewys vir lewenslange bydrae gekry.
A legend in the industry and revered by many. Angus has worked tirelessly to uplift and develop the local soapie landscape. #RSA20
Posted by Royalty Soapie Awards on Saturday, 26 September 2020
Die res van die wenners is:
Beste redigeringspan: Isibaya
Beste beligting: The Queen
Beste kunsregie: Getroud met rugby
Beste regisseurspan: Gomora
Beste hare en grimering: The River
Beste uitrustings: The Queen
Beste skryfspan: Skeem saam
Gewildste sepie van die jaar (publieke stem): Gomora
Beste manlike byspeler: Sthembiso Khoza as Shaka Khoza in The Queen
Beste vroulike byspeler: Sannah Mchunu as Zodwa in Gomora
Beste nuweling: Sicelo Buthelezi as Teddy in Gomora
Beste paartjie in ’n sepie: Sindi Dlathu en Hlomla Dandala as Lindiwe & Zweli in The River.
Beste akteur: Presley Chweneyagae as Cobra in The River
Beste aktrise: Dawn Thandeka King as MaNgcobo in Uzalo
Beste manlike booswig: Dirk Stoltz as DeWet Basson in 7de Laan
Beste vroulike booswig: Sindi Dlathu as Lindiwe in The River
Beste sepie: Binnelanders
Show's Stories
-
Is this how you feel going into 2025?
This video left us smiling from ear to ear. It breaks all the rules on s...
The Workzone with Alex Jay an hour ago -
Kid-friendly activities to do this December 2024
If you are finally on leave but don't know where to take the kids, we ha...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago