Bobby en Karlien is terug met nóg 'n emosionele seisoen van 'In Jou Skoene'
Updated | By Jacaranda FM
Bobby en Karlien van Jaarsveld is terug met 'n tweede seisoen van die gewilde VIA TV reeks
![Bobby en Karlien van Jaarsveld is terug met nóg 'n emosionele seisoen](https://turntable.kagiso.io/images/Screen_Shot_2019-04-24_at_10.52.37.width-800.png)
In seisoen een, het die broer-en-suster-glanspaar hul 'gemaklike skoene' verruil om die 'omgemaklike skoene' van duisende Suid-Afrikaaners te beleef.
Die gewilde sangers het 'n werklikheidsprogram begin om mense bewus te maak van die omstandighede waarin ons land se mense moet leef.
LEES OOK: Karlien van Jaarsveld terug op die verhoog van 'Aspoestertjie'
Nou is Bobby en Karlien terug met 'n splinternuwe seisoen van 'In Jou Skoene.' Hulle gaan ondermeer kinderhospitale besoek, asook die Kaapse Vlakte om eerstehands te ervaar hoe inwoners van die gemeenskap werklik leef.
In die tweede seisoen wil hul meer mense help en meer uitreik na ander gemeenskappe. Die tweede seisoen van Bobby en Karlien: In jou skoene begin op 8 Mei om 20:30 op VIA (DStv-kanaal 147).
Seisoen een het vele hoogtepunte bevat, hier is van ons gunstellinge:
1. Bobby en Karlien van Jaarsveld word kleuterskool-onnies vir die dag by ’n skool in ’n karavaanpark.
2. Bobby en Karlien van Jaarsveld word uitgedaag om in die skoene van JacarandaFM se Good Morning Angels-span te loop.
3. Bobby van Jaarsveld stap vir twee dae in Vernon Barnard van The Voice-faam se skoene. Karlien van Jaarsveld is sy gids vir dié twee dae.
Show's Stories
-
Man reminds us why you shouldn't braai while on the phone
Here's why talking on the phone while tending to a braai can be hazardous.
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago -
Woman finds a knife inside her food
We doubt this was an elaborate assassination attempt – it was more likel...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago