'Boer Soek 'n Vrou' gaan voort met produksie
Updated | By Dean Paulse
Die aftel na die dertiende reeks van 'Boer Soek ’n Vrou' het begin! Aanhangers van dié gewilde kykNET-werklikheidsreeks
gaan op Sondag 19 Julie vanjaar se oes van boere ontmoet, wanneer die loodsepisode om 20:00 uitgesaai word.
Na afloop van die episode sal inskrywings vir pasmaats oopmaak.
Die nuwe aanbieder van 'Boer Soek ’n Vrou', Marciel Hopkins, sê sy is opgewonde om uiteindelik die tien hubare boere aan die publiek voor te stel.
LEES OOK: '7de Laan' ceases filming until further notice due to COVID-19
“Ek sien al so lank uit na die verfilming van die nuwe seisoen en ek is só dankbaar die tyd uiteindelik aangebreek het om daarmee te kan begin,” sê Marciel, wat ook ’n lewensafrigter en model is.
“In 'n onsekere tyd soos nou, is 'Boer Soek 'n Vrou' 'n wonderlike geleentheid vir enkellopendes om iemand nuut in persoon te ontmoet wat hulle nie onder inperkingsreëls sou kon doen nie.”
View this post on InstagramA post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on
As gevolg van Covid-19 is produksie op 'Boer Soek ’n Vrou' vertraag en moes die vervaardigers in samewerking met kykNET met vindigryke idees vir die produksieproses na vore kom.
“Die veiligheid van deelnemers en die produksiespan geniet voorkeur en talle streng maatreëls is in plek gestel om dit te verseker,” sê Wilmer Müller, woordvoerder van die reeks.
Anders as vorige jare, gaan voornemende pasmaats ook nie handafgelewerde briewe of pakkies vir boere kan stuur nie en sal die vervaardigers net digitale inskrywings, wat ook deur ’n video vergesel kan word, aanvaar.
“Ons is seker dat diegene wat ’n oog op ’n boer het, steeds kreatief gaan raak met hul inskrywings.”
In die verlede het die reeks van Oktober tot Januarie uitgesaai, maar die dertiende reeks sal nou vroeg in 2021 op kykNET afskop, wanneer kykers die boere se liefdesreis van Donderdag 21 Januarie kan begin volg. Dit sal steeds uit 13 episodes bestaan en ouder gewoonte fokus op die vyf boere wat die meeste inskrywings ontvang.
Show's Stories
-
Rosita Missoni of Italy's eponymous fashion house dies at 93
Rosita Missoni, the co-founder with her husband of Italy's colourful kni...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago -
VIDEO: Flight attendant shares why they greet you
Have you ever wondered why the cabin crew greet every single passenger?
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago