'Boer Soek 'n Vrou': Hier is vanjaar se top-5 boere!

'Boer Soek 'n Vrou': Hier is vanjaar se top-5 boere!

Vanjaar was daar hope kosbare oomblikke wat die posman behoorlik laat kreun het met die sakke en sakke vol hoopvolle briewe en beloftes wat aan hierdie seisoen se boere-kandidate gestuur is.

KYKNET BOER SOEK N VROU SEISOEN 16
Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser/ Boer Soek 'n Vrou

"Om iemand se woorde in jou hande vas te hou en dit in te neem, is 'n kosbare oomblik," sê Marciel Hopkins, die aanbieder van die 16de reeks van kykNET se gewilde maatsoekreeks.

Vanjaar was daar hope kosbare oomblikke wat die posman behoorlik laat kreun het met die sakke en sakke vol hoopvolle briewe en beloftes wat aan hierdie seisoen se boere-kandidate gestuur is.

Om die waarheid te sê, as dit van vanjaar se briefskrywers afgehang het, was Suid-Afrika se posdiens so kerngesond as wat dit lanklaas was! 

Die top-5 boere het op 'n onverwagte manier geleer hoe hard papierwerk kan wees – elkeen van hulle het net 24 uur gehad om hul top-10 briefskrywers te kies om op blitsafsprake met hulle te gaan. En hulle moes hulp met die leeswerk inroep. 

Intussen het een van die deelnemers, boer Hendri (32), wel liefde gevind en het hy onttrek van die reeks. Ja, hierdie boer is tot oor sy ore verlief en duidelik baie gelukkig!

1. Boer Quintus (39) van Winburg, Vrystaat

Marciel Hopkins skop haar kuier by hom af met die slegte nuus: "Jy gaan tien teen een nie vanaand baie slaap nie, want jy gaan deur al hierdie briewe moet lees," en daarmee word daar nog twee sakke wat boepens staan van briewe vir hom ingedra. 

"Is ek nou top-vyf?", wil hy weet en skud sy vuiste triomfantelik in die lug. 

Kollega Reinier en buurman Kosie is byderhand om broodnodige hulp, en waarskynlik ook 'n bietjie raad, te verleen.

Boer Quintus
Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser/ Boer Quintus

2. Boer Daandré (26) van Brits, Noordwes

Die jong boer van Brits het gewonder of hy selfs 10 briewe sal ontvang. Hy glo 100% sy trouvrou is in die drie sakke vol briewe wat Marciel Hopkins kom aflewer het. Vir hom voel dit soos 'n droom dat daar werklikwaar meisies daarbuite is wat van hom hou – en wie weet, dalk sy trouvrou kan wees.

Vriende CJ en Lodewyk se hulp is ingeroep om te help met die briewe deurlees en sy top-10 te kies.

Boer Daandre
Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser/ Boer Daandre

3. Boer Jacques (27) van Venterstad, Oos-Kaap 

Die man wat bekend is vir sy kwinkslae, was baie opgewonde toe hy die sak vol briewe sien wat Marciel Hopkins kom aflaai het. Hy het verwoed wal gegooi toe Marciel Hopkins hom vra watter meisie hy wil bel – en op die ou einde was dit 'n bedeesde (en blosende?) Jacques wat met Miné van Pretoria gepraat het.

Vriend Leroy en buurvrou Cara het gretig handjie bygesit met die lees en sorteer van briewe, alhoewel Leroy teleurgesteld voel dat nie een van die briefskrywers vir hulle biltong gestuur het nie.

Boer Jacques
Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser/ Boer Jacques

4. Boer JW (24) van Villiersdorp, Wes-Kaap

Marciel vertel vir hom dat jonger boere wat vir 'Boer Soek 'n Vrou' inskryf, nog nooit genoeg briewe ontvang het om met die proses voort te gaan nie. Dit is hoofsaaklik omdat die ouderdomsgroep so klein is en briefskrywers mag nie jonger as 21 wees nie.

Maar JW het meer as die kwota ontvang – 'n hele paar sakke word ingedra! 

Om hom deur die briewe te help werk, maak hy staat op sy suster Alicia en een van sy vriende, DJ.

Boer JW
Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser/ Boer JW

5. Boer Niel (31) van Dannhauser, KwaZulu-Natal

Hy kon sy oë nie glo toe een na die ander sak vol briewe die leefvertrek ingebring word nie. In 'n stadium het hy gesukkel om op Marciel Hopkins te fokus, want boepens-possak op boepens-possak het baie vinnig die spasie in sy leefvertrek begin oorneem.

 Niel het inderdaad die meeste briewe van die seisoen ontvang. En sy vriend André en skoonsuster Nicole is slaggereed om saam met hom deur die honderde briewe te werk.

Boer Niel
Verskaf/ kykNET/ Gys Loubser/ Boer Niel

'Boer Soek 'n Vrou' (S16) word Donderdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories