Bok se nuwe album reeds goud
Updated | By MornéJK
Daar is beslis géén keer aan Bok van Blerk nie, want hy het goue status bereik met sy nuutste album, Van De La Rey Tot Nou, in slegs 'n week.
![Bok van Blerk](https://turntable.kagiso.io/images/bok_van_blerk.width-800.jpg)
Van De La Rey Tot Nou bevat 15 splinternuwe treffers en met die reaksie by konserte en sy goue status is dit duidelik dat hy 'n immergewilde en geliefde sanger is.
Van die liedjies op die album is die titelsnit vanaf die Modder en Bloed-klankbaan, Bloedbroers en Goeie hout.
Reënspinnekop en Winterkind, onderskeidelik uit die pen van Valiant Swart en Koos Kombuis is ook te hoor op Van De La Rey Tot Nou.
"Die afgelope tien jaar voel steeds onwerklik en hierdie album is my manier om dankie te sê vir almal wat die musikale paadjie saam met my gestap het, vanaf die mede-musikante tot die mense wat die albums koop en my konserte bywoon," sê Bok.
LEES OOK: Bok van Blerk: My taal is my erfenis
Hierdie jaar is 'n groot jaar vir Bok met sy live DVD wat ook binekort op die rakke sal wees.
Hy staan reeds met die kerfstok op 1 miljoen albumverkope sedert hu 10 jaar gelede sy debuut gemaak het.
Show's Stories
-
How to get rid of vaper's tongue caused by excessive use
Researchers are constantly discovering more about the side effects of va...
The Drive with Rob & Roz 6 minutes ago -
In Albania, a dictator's home provides inspiration for arts
In the heart of the capital, the villa of Albania's former dictator welc...
The Drive with Rob & Roz 22 minutes ago