Brendan Peyper laat meisies snak na hul asems
Updated | By MornéJK
Die Afrikaanse spiertier van die Vrystaat, Brendan Peyper is terug met 'n splinternuwe musiek video, Die Perfekte Een Vir My.
Volgens Brendan leen die tema van die musiek video hom toe aan die Amerikaanse realiteits program "The Bachelor".
Terwyl talle meisies probeer om die prins, Brendan, se hart te steel het hy ogies vir net een meisie wat nie aan die "kompetisie" deelneem nie maar agter die skerms werk.
Aanhangers wat al maande lank wag vir die video gaan na hul asems snak wanneer Brendan uiteindelik die meisie van sy drome kies.
“Musiek is my alles en dis my hartsbegeerte om mense se lewens daar deur aan te raak en te verander. Daar sal altyd nog tyd wees om ’n gewone ou te wees en die dinge te doen wat ek graag doen – soos om rugby en rekenaarspeletjies te speel en saam met pelle te kuier," skry Brendan op sy webblad.
Hierdie is nog 'n treffer van die man wat die Afrikaanse musiek-bedryf behoorlik op sy dak gekeur het en ons sien uit na wat hy nog oplewer.
*Jy kan Brendan se nuwe musiek video aflaai op iTunes.
Show's Stories
-
We found the youngest braai master ever
This little man looked like he had everything under control until he dis...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 17 hours ago -
Visit Maropeng: The Cradle of Humankind heritage museum
The Maropeng Visitor Centre offers an award-winning, world-class exhibit...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 17 hours ago