Celeste Loots se karakter maak moles in kykNET-sepie
Updated | By Jacaranda FM
Celeste Loots, wat vir haarself naam gemaak het in die Showmax-reekse 'Trompoppie' en 'Wyfie', het nou haar sepie-debuut as 'Hanli Spies' gemaak.
Celeste Loots, wat vir haarself naam gemaak het in die Showmax-reekse 'Trompoppie' en 'Wyfie', het nou haar sepie-debuut in 'Suidooster' as 'Hanli Spies'.
Wanneer 'Hanli' in Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar dié kykNET-sepie afspeel, opdaag, word 'Riaan' (Daniel Coetzee) deur 'n groot geheim uit sy verlede gekonfronteer.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se Reandi Grey deel haar feestyd-planne
Dié spanningsvolle storielyn gaan ook druk op 'Riaan' se verhouding met 'Bianca Fourie' (Simone Biscombe) plaas.
Celeste vertel meer.
Wat kom soek 'Hanli' in Ruiterbosch?
"'Hanli' kom soek 'n bietjie moeilikheid. Sy is iemand uit Riaan se verlede, iemand wat nog nie eintlik reg is om die verlede te laat gaan nie..."
Hoe sal jy vir 'Hanli' beskryf?
"'Hanli' het 'n baie avontuurlustige manier van lewe. Sy is kleurvol, stylvol en suksesvol in haar beroep. Sy is altyd op soek na opwinding en al is haar intensies goed, is haar lus vir die lewe soms haar ondergang.
"Hanli het baie liefde om te gee en as gevolg daarvan, sukkel sy om eerlik te wees."
LEES: Dís waarna 'Suidooster'-ster Daniel Coetzee uitsien in 2025
Wat het jou rolle in 'Trompoppie' en 'Wyfie' vir jou loopbaan beteken?
"'Trompoppie' en 'Wyfie' het ongelooflik baie vir my beteken op so baie maniere. Dit was 'n groot eer om te kon deel wees van ’n nuwe era van Afrikaanse storievertelling.
"Op 'n persoonlike vlak het ek verskriklik baie gegroei en geleer as aktrise. Wanneer ek 'n rol vertolk, dra ek die karakter baie na aan my hart.
"Zanne ('Trompoppie') en Amanda ('Wyfie') is in baie opsigte twee teenoorgestelde karakters. Daarom was dit 'n wonderlike geleentheid om as aktrise vorm te gee aan sulke uiteenlopende karakters.
"Dis twee reekse wat my baie opgewonde laat voel oor die toekoms van ons Afrikaanse industrie. Ek knyp myself nog steeds om te besef ek was deel van hierdie twee spesiale projekte."
LEES: Deon Lotz: 'Kersete saam familie is 'n geseënde ervaring'
Wat maak die ervaring van om in 'n sepie soos 'Suidooster' te speel anders as 'Wyfie', wat ook ’n veeleisende skedule gehad het?
"Beide 'Suidooster' en 'Wyfie' se skedules is baie intens. Daar is oomblikke dat jy voel asof jou lewe die projek raak, wat op verskeie vlakke 'n pragtige deel van die proses is.
"'Wyfie' het gewerk met single camera, wat basies beteken daar is een kamera en die kamera volg jou soos wat jy besluit om te beweeg. Natuurlik is daar ook blocking wat gebeur voor die toneel geskiet word, maar as akteur het jy die vryheid om te kan speel op daardie manier tydens die toneel. Die tempo van skiet is stadiger.
"'Suidooster', aan die ander kant, is multi camera wat beteken daar is drie kameras wat op 'n sekere tyd in 'n toneel op 'n spesifieke plek gaan wees.
"Die medium van sepies is baie tegnies en dit skiet baie vinnig. Dit was vir my 'n baie lekker uitdaging om meer oor hierdie medium te leer waar jy as akteur jou vryheid vind buite jou fisiese posisie in die toneel."
LEES: Jak de Priester: 'My wens vir SA in 2025 is vrede'
Hoekom dink jy moet mense 'Suidooster' kyk?
"'Suidooster' is 'n storie vir almal. Dis een van die min dinge wat ’n hele familie saam kan kyk en geniet.
"Die storie nooi kykers uit om deel te word van 'n wêreld waar hulle saam met karakters kan leer, foute maak, lag en huil.
"Ek dink ook dis 'n baie spesiale sepie omdat die mense wat dit skep 'n passie het vir stories vertel. Daar is 'n familieband tussen die skrywers, vervaardigers, cast en crew wat kykers deur hul TV-skerms kan aanvoel."
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Oscar nominees in main categories
Here are the nominees in key categories for the 97th Academy Awards, to ...
Breakfast with Martin Bester 17 minutes ago -
LISTEN: "Lost" Tina Turner song rediscovered after decades
The long-lost song is set to appear on a 40th anniversary, expanded edit...
Breakfast with Martin Bester 56 minutes ago