Is Clara oppad terug 7de Laan toe?
Updated | By MornéJK
Onthou jy nog die Roemeense karakter met haar snaakse aksent wat almal se harte so n paar jaar terug gesteel het?
![Clara 7de laan Angelique Gerber](https://turntable.kagiso.io/images/Clara_7de_laan.width-800.jpg)
Wel, Angelique Gerber, wat bekendheid verwerf het vir haar rol as Clara in 7de Laan, sê haar karakter maak nie 'n terugkoms nie.
Angelique het Dinsdag 'n foto van haar nuwe haarstyl op sosiale media gedeel waarna baie mense haar met haar eerstydse karakter vergelyk het, maar Ange meen Clara kom nie terug laan toe nie.
"Ek het juis vir my ma gesê ek lyk weer nes Clara, maar nee sy maak nie 'n comeback nie. Ek was lus vir 'n nuwe haarstyl vir die nuwe reeks Dans In Jou Taal wat ons binnekort begin skiet," het Angelique aan MornéJK vertel.
Sy sê die nuwe talent-soek-reeks, Dans In Jou Taal handel oor verskeie dansgoepe wat inskryf en hulle talent aan Suid-Afrika ten toonstel.
"Ek is nie oppad terug 7de Laan toe nie, al lyk ek weer soos Clara. Dis maar net tyd vir 'n nuwe voorkoms," meen sy.
Wat dink jy van Angelique se nuwe voorkoms?
Show's Stories
-
KYK: Early B verras sy pa met 'n nuwe kar
Die spesiale geskenk wat Oom Boet se droom laat waar word het, het die i...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Three tips from a CA to level up your finances
All we can hear is Ciara singing, "Level up, level up, level up..."
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago