Dís waarna 'Suidooster'-ster Daniel Coetzee uitsien in 2025

Dís waarna 'Suidooster'-ster Daniel Coetzee uitsien in 2025

Akteur Daniel Coetzee gesels oor sy Kersfees-planne in Kaapstad en sy wens vir 2025. 

Daniel Coetzee Suidooster
Verskaf/ kykNET

Die sexy akteur Daniel Coetzee, wat vanaf April deel geword het van die gewilde kykNET-sepie 'Suidooster', is vinnig besig om groot naam te maak. 

"Dit is nie net 'n nuwe hoofstuk vir my wat 'Suidooster' betref nie, maar ook een in Kaapstad. Dit voel onwerklik."

Coetzee vertolk die rol van 'Riaan' in die sepie. 

LEES: Daniel Coetzee gesels oor sy reis met 'Suidooster' en hoe hy uitdagings takel

"Ek en 'Riaan' is baie dieselfde en terselfdertyd ook heeltemal teenoorgesteldes. Ek kan myself met hom vereenselwig omdat ons altwee baie hardkoppig is, lief vir ons werk is... dalk 'n bietjie té veel, ons is ongemaklike skepsels en bleeksiele, en ons wil net die allerbeste hê vir die mense vir wie ons omgee."

Coetzee bevind homself die feestyd in Kaapstad - en dit is 'n eerste vir hom...

"My Kersfees-planne hierdie jaar is anders. Gewoontlik vier ons Kersfees by my tannie se huis, maar hierdie jaar spandeer ek Kersfees in die Kaap met my meisie en ander familie."

"Ek sien uit daarna om te rus. Dit was 'n besige jaar met verandering. Ek is opgewonde vir die feestyd in Kaapstad. Ek is 'n introvert - so dit gaan moeilik wees om die huis te verlaat en bietjie Kaapstad gaan verken.

LEES: Deon Lotz: 'Kersete saam familie is 'n geseënde ervaring'

"Ek sien uit vir geleenthede in 2025. Ek sien uit na die deure wat gaan oopmaak vir my en ander. Die afgelope twee jaar was ook vol verandering, so ek sien ook uit na 'n rustigheid in 2025."

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories