'Op My Eish!'-dames verlief nadat Brendan Peyper hulle huis toe stuur
Updated | By Jacaranda FM
Gisteraand se episode van 'Op My Eish!' was 'n warrelwind van emosies - van intieme gesprekke en die eerste soen tot twee dames wat moes groet. Maar dié twee vroue sit nie in sak en as nie. Inteendeel, hulle het die skoot hoog deur.
Die episode het afgeskop met ’n lekker aktiwiteit.
LEES: Oorsaak van 'Boer Soek 'n Vrou'-deelnemer se dood bevestig
Ses van die deelnemers - Thelmané, Runet, Christine, Janae, Chaunte en Natasha - het saam met Brendan Peyper gaan quad bike ry.
Thelmané en Runet het die geleentheid gekry om vir Brendan beter te leer ken, maar toe verras Brendan Peyper vir Janae met die eerste alleen-afspraak.
LEES: Aktrise Simoné Pretorius deel eerste foto van 'perfekte' Jamie
Dié tweetjies het so goed oor die weggekom dat kykers op die eerste soen van die seisoen trakteer is.
Daarna het Jané, Nadia, Katja, Christine en Natasha 'n werkswinkel bygewoon waar hulle geleer het hoe om produkte van leer te maak. Brendan Peyper het die middag met die dames terdeë geniet. Hy het egter gesorg vir 'n tweede verrassing toe hy uit die bloute vir Nadia en Jané gevra het of hulle kan gesels. Tot die twee vroue se skok, het Brendan Peyper hulle in kennis gestel dat hulle reis ongelukkig tot 'n einde gekom het.
LEES: EERSTE FOTO: Springbok Eben Etzebeth en vrou verwelkom baba
Maar nou is hulle gelukkiger as ooit. Nadia en Jané het albei liefde gevind ná die skiet van die reeks.
"My kêrel het die mooiste blou oë wat deur my siel kan kyk, én hy boer. So, ek het uiteindelik my boer gekry waarvoor ek al jare gebid het. En hy is twee keer langer as ek, wat beteken ek kan nou my hakskoene dra wat al begin stof opgaar het in my kas," vertel sy opgewonde.
Nadia sê sy sou steeds aan die program deelneem as sy weer moes kies. "Sonder dat ek besef het, het ek my hart oopgemaak vir my kêrel en vandat ek hom ontmoet het, het ek geweet my hart is nie meer myne nie," vertel sy.
Jané het twee weke ná verfilming haar nuwe liefde ontmoet en is ewig dankbaar dat sy deel van die reeks kon wees. "Ek weet nou meer as ooit wat ek in terme van ’n verhouding wil hê. Hy ondersteun my geweldig in al my drome en vooruitsigte en motiveer my werklik om die beste te wees wat ek kan wees," sê sy.
LEES: Amor Vittone se aantreklike seun word 20
"My gunsteling-ervarings in die reeks was om die pragtige Vrystaat ’n bietjie meer te verken en almal se persoonlikhede te sien. Dis vir my baie lekker om nuwe mense te ontmoet en nuwe vriendskappe te bou," voeg sy by.
Nou is daar net tien dames oor wat Brendan se hart kan wen. Wie sal dit wees?
'Op My Eish! 'word elke Donderdagaand om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Catch Up en DStv Stream.
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
SA shocked over R50,000 local designer dress
South Africans expressed their shock after discovering the R50,000 dress...
The Drive with Rob & Roz 23 hours ago -
What is the difference between sell-by and use-by dates?
As the authorities discover more spaza shops illegally selling food item...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 1 hour ago