Deon Lotz: 'Kersete saam familie is 'n geseënde ervaring'

Deon Lotz: 'Kersete saam familie is 'n geseënde ervaring'

Die legendarise akteur, Deon Lotz, deel sy feestydplanne en sy wens vir 2025. 

DEON_LOTZ_FOTO
Instagram/ Deon Lotz

Die akteur, Deon Lotz, is 'n Suid-Afrikaanse ikoon. 

Lotz is veral bekend vir sy rolle in 'Mandela: Long Walk To Freedom' as die Kobie Coetzee, Francois van Heerden in 'Skoonheid' en 'Dr Andre Dippenaar' in 'Faan se Trein'. 

LEES: Dís waarna 'Suidooster'-ster Daniel Coetzee uitsien in 2025

Hy is tans te sien in die kykNET-telenovella, 'Skemergrond'. 

'Skemergrond' speel af in Gemoedsdrif  in die Wes-Kaap en draai om die Louw-familie en hulle pragtige blomplaas. Die Louws se rustige bestaan word omvergegooi wanneer onverwagte gaste opdaag wat dreig om skokkende familiegeheime te onthul.

Die rolverdeling sluit onder andere in Charlton George, Khadija Heeger, Hildegardt Whites, Shimmy Isaacs, Dirk Stoltz, Dann-Jaques Mouton, Gershwin Mias en Deirdre Wolhuter. Talentvolle jong akteurs maak ook hulle buiging in die telenovella. 

LEES: Dirk van der Westhuizen deel mooi boodskap met "klein Dirk"

Lotz het 'n besige skedule, maar wanneer dit by die feestyd kom glo hy daaraan om tyd met familie te spandeer. 

"Kersfees is 'n baie spesiale tyd van die jaar. Kersdag is altyd saam met familie! Daarna gaan ek saam met vriende na Mosselbaai, George en Klaarstroom."

Vroeër jare was hy Kersvader en het dit vreeslik geniet om geskenke saam sy kinders oop te maak, "maar deesdae is 'n Kersete saam met familie 'n wonderlike en geseënde ervaring". 

Wat is Deon se wens vir Suid-Afrika in 2025?

"Dat die mense van Suid-Afrika vrede en veiligheid sal beleef - vooruitgang vir almal en soos die Springbokke ons gewys het - kan almal saamwerk en sukses behaal - die politici moet minder verdeeldheid teweegbring en ons moet korrupsie uitroei! Geseënde Kersfees

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories