Derick Hougaard: "Ek beweeg aan"
Updated | By MornéJK
Rian van Heerden het Maandag op die Complimentary Breakfast aangebied om vir rugby legende, Derick Hougaard 'n nuwe vriendin toe soek.
Dit kom na 'n woordewisseling tussen Derick en sy voormalige skoonma, Ronel Brink oor die verloofring wat hy aan Karlien van Jaarsveld gegee het.
Die twee het mekaar op twitter aangevat en dit het groot belangstelling van aanhangers sowel as die media gelok.
Maar, Maandag oggend het Derick Hougaard, tong-in-die-kies aan Rian vertel dat hy dink hy moet wegbeweeg van "blondines" af en dalk 'n donkerkop begin sien.
"Ek dink ons moet iemand soek tussen die ouderdomme van 34 tot 39," het Dercik grapen der wys gesê.
The moment @derickhougaard got a twinkle in his eye for his possible date candidate, Monique 😂 @RianVanHeerden pic.twitter.com/J33e6nGPyG
— Complimentary Brkfst (@comp_breakfast) October 10, 2016
Hy het ook aan Rian en sy 19 luisteraars vertel dat hy nie heelemal gekant is daarteen om weer 'n sangeres te sien nie maar dat hy liewer moet weg beweeg van blondines af.
Derick het ook aan Rian vertel dat hy uiteindelik kan aanbeweeg na sy egskeiding en dat dit nie altyd 'n slegte ding is om jou tyd te vat om iets te verwerk nie.
"Ek het my tyd gevat maar ek het nou finaal aanbeweeg," het Derick gesê.
Show's Stories
-
Be safe out there on the wet and slippery roads
Be safe on the roads this festive season...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
Father tests his dad jokes out on baby and toddler
Trust toddlers to share their truth with you no matter what...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago