Derick Hougaard wys vinger na Karlien se ma
Updated | By MornéJK
Voormalige Springbok rugbyspeler, Derick Hougaard, het gisteraand die twitter oorlog teen sy voormalige skoonma voortgesit.
Dit kom na 'n berig in Rapport die afgelope Sondag waarin Derick vra dat Karlien sy verloofring aan hom terugbesorg.
Kort na die berig verskyn het, het 'n woordewisseling op twitter ontstaan nadat Bobby en Karlien van Jaarsveld se ma, Ronel Brink, getwiet het dat sy persoonlik die ring aan Derick sal terugbesorg as dit hom sal stilmaak.
Die Jenna Clifford ontwerp wat na raming sowat 'n R100 000 werd is het vir die tweede keer sedert 2015 koerant voorblaaie gehaal, maar vir al die verkeerde redes.
Dit het alles by jou begin. Inmeng is mos wat jy doen!
— derick hougaard (@derickhougaard) October 3, 2016
Hierdie is nie D&K. Dis ek en jy!!! https://t.co/TWBHp9O67L
As jy nie wou baklei en beste wou hê. Sou jy uitgebly het uit iets wat niks met jou te doen het!!! https://t.co/TWBHp9O67L
— derick hougaard (@derickhougaard) October 3, 2016
Derick het gisteraand getwiet dat "alles" Ronel Brink se skuld is want "sy meng mos altyd in." Dit kom nadat Ronel omverskoning gevra het vir haar twiet Sondag.
Bobby het ook intussen ingeklim en Derick gewaarsku om sy ma en suster uit te los. "Dit STOP nou!" het Bobby getwiet.
@derickhougaard Jy praat nie so met my ma en my suster nie. Dit STOP nou! Los nou ons familie uit. Karlien het aanbeweeg. Jy moet ook.
— Bobby van Jaarsveld (@bobbyvjaarsveld) October 3, 2016
Derick en Karlien is in 2013 getroud maar die huwelik het verlede jaar op die rotse geloop.
Intussen het aanhangers van beide kampe ook uitgevaar teen die openbare platform wat gebruik word om "vuil wasgoed" te was.
"Julle is eintlik regtig kommin," het 'n ander getwiet.
@derickhougaard liewe aarde jou ex-skoonma is een patetiese mens, mens sal sweer sy is verhewe bo die res van ons.
— jaco jonker (@jovnerjonker) October 3, 2016
Ekt een algemene 'statement' op twitter gemaak. Fout. Ek gaan nie in twitter geveg betrokke raak nie, Derick. Alles vd beste.
— ronelbrink (@ronelbrink) October 3, 2016
Show's Stories
-
You're probably charging your phone wrong
Here are four misconceptions about phone batteries.
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
Princess of Wales turns 43 with tribute from Prince William
Catherine, Princess of Wales, turned 43 on Thursday, with her husband Pr...
The Drive with Rob & Roz 9 hours ago