Dis amper tyd vir Innibos!

Dis amper tyd vir Innibos!

Kaartjies vir al die vertonings, uitstallings en produksies vir vanjaar se Innibos Fees in Mbombela is van Vrydag af te koop.

Innibos
Supplied

Volgens die gewilde wees se Sandra Jacobs het hulle hard beplan aan die fees, wat vir die afgelope drie as die gewildste fees in Suid-Afrika aangewys is.


"Kaartjies is vanaf 5 Mei beskikbaar en dit is nie net kaartjies vir die hoofterrein nie maar al die produksies wat tydens die fees plaasvind," het sy aan Jacaranda FM News gesê.


Vanjaar se tema is ''n Stappie Verder". Verskeie produksies, waaronder Sandra Prinsloo en John Kanie se So Ry Miss Daisy asook Rian van Heerden se eenman vertoning Rian met Rian sal by die fees te siene wees. 


"Van Jak de Priester tot Elvis Blue en almal tussen-in is by vanjaar se fees te sien - daar is te veel om op te noem," sê Jacobs.


Die rock konsert, wat verlede jaar vir die eerste keer op die hoofverhoog aangebied is, sal weer vanjaar aangebied word met Matthew Mole, Hemelbesem, Arno Carstens en Majozi wat die skare gaan vermaak.

Banier Hoofverhoog Innibos 2017

"Ons is besig om die loodskonsert te finaliseer en op die 19de Mei sal ons die amptelike feesprogram bekendstel."


Die Jacaranda FM konsert op Saterdag die 8ste Julie is weereens 'n hoogtepunt, met nie minder nie as 18 van Suid-Afrika se Top kunstenaars op een verhoog.


"Die Jacaranda FM konsert is bekend as die skouspel onder die sterre met name soos Adam, Riana Nel, Ricus Nel, Snotkop, Monique, Elvis Blue, Robbie Wessels en vele meer - almal saam op een verhoog," sê Jacobs.

Show's Stories