Bekendes sluit aan by inisiatief om 500 000 kinders per dag kos te gee!
Updated | By Entertainment Reporter
Het jy geweet
dat die fondasie vir ‘n kind se optimale ontwikkeling en gesondheid gelê word binne
die eerste 1000 dae van sy/ haar lewe?
Behoorlike voeding het ‘n direkte impak op ‘n kind se oorlewing, groei, leervaardigheid en sal uiteindelik bepaal of hy/ sy uit armoede kan opstaan of nie. Om ‘n kind te voed dra direk by tot ons gemeenskap se langtermyn gesondheid, stabiliteit en voorspoed.
Bekendes van reg-oor die land soos Early B, DJ Ready D, Jak de Priester, Joshua Na Die Reën, Chané Grobler, Calvin Reef, Mel Du Bois, Mel Rock Lizzo, Irvin van der Merwe, Dean Smith, Magriet Groenewald, en talle ander het aangesluit by die #500kPerDay inisiatief deur die bekendstelling van die nuwe Eartlhy Tandepasta Tablet op 30 April 2022 te ondersteun. Hierdie omgewingsvriendelike vervaardiger wat tandepasta in tabletvorm vervaardig, het nie op hulle laat wag nie en aangekondig dat hulle R2 vir elke produk wat verkoop word aan die 500kPerDay inisiatief wat in Shoprite Checkers, asook by aanlyn verskaffers beskikbaar is, skenk.
Earthly Tandepasta is ‘n maatskappy wat gefokus, inklusief en progressief is en daarna streef om ‘n positiewe impak op die omgewing en gemeenskap rondom hulle te maak. Hulle het ‘n dinamiese vennootskap met #500kPerDay, wat gedryf word deur Outside the Bowl Africa – ‘n nie-winsgewende maatskappy wat hoë kwaliteit voedsame maaltye vervaardig en saamstel om kinders in ons gemeenskappe te voed. Hulle doelwit is om 500 000 maaltye per dag, élke dag te lewer en so ‘n merkwaardige verskil te maak in die lewens van minderbevoorregte kinders deur saam met plaaslike Suid-Afrikaanse besighede soos Earthly Tandepasta hande te vat.
Maar die ouens by Earthly het nie gestop by die skenking van R2 per item nie! Omdat hulle daarin glo dat mondhigiëne elke persoon se menslike reg is, was hulle missie nog altyd om gratis toegang daartoe te bied aan minderbevoorregte gemeenskappe regoor Suid-Afrika en sub-Sahara gebiede. Met hulle unieke tandapasta tablette, gee hulle nou die geleentheid om vir mense ‘n gesonde en alternatiewe tandapasta in herwinbare vorm aan te bied, terwyl hulle ook omgewingsvriendelik en verantwoordelik is.
Buiten vir die R2 skenking op elke Earthly Tandepasta produk wat verkoop word, sluit hulle ook twee Earthly Tandepasta tablette in elke kospakkie in wat versprei word deur die #500kPerDay voedselketting en gee sodoende aan minderbevoorregte kinders die reg tot gratis mondhigiëne.
En jy kan nou dieselfde doen! Deur enige van die nuwe Earthly Tandepasta produkte te koop sal jy nie net direk bydra tot die #500kPerDay inisiatief nie, maar jy sal ook ‘n minderbevoorregte kind die reg gee tot gratis mondhigiëne terwyl jy help om die omgewing skoon te hou.
Show's Stories
-
Joburgers show off their Christmas cars - Merry Christmas
There's something about Christmas that makes all things possible...
The Workzone with Alex Jay 8 hours ago -
Three things to do on Christmas in Johannesburg
If you want to do something after the big Christmas lunch, here are some...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 8 hours ago