"Ek wil begin werk skep" - Simoné groet 'Binnelanders', maak reg vir nuwe hoofstuk
Updated | By Dean Paulse
Simoné Pretorius het op Dinsdagaand die gewilde kykNET-sepie 'Binnelanders' gegroet. Sy verklap meer oor wat nog voorlê.
Op Dinsdagaand, 8 Julie, het duisende 'Binnelanders'-aanhangers 'n knop in die keel gekry toe die gewilde en geliefde Simoné Pretorius die sepie verlaat het. Sy het die rol van verpleegster, René Spies gespeel.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' gaan voort met produksie
Pretorius het saam Jacaranda FM se Dean Paulse gesels oor die emosionele oomblik toe sy self na die episode op die kassie gekyk het saam haar man, Andries Pretorius. Sy verklap ook meer vir wat nog voorlê vir haar.
"Elke karakter wat jy vertolk, raak deel van jou en daar is altyd bietjie van jou in 'n karakter." Volgens Pretorius, is daar ooreenkomste tussen haar en haar karakter, René.
"Daar is definitief 'n bietjie impulsiviteit tussen die twee van ons. Sy kan ook nie iets wegsteek nie - sy is eerlik - en daar is ons ook dieselfde."
View this post on InstagramBabygirl is going through THE MOST. Lief hierdie karakter. 🤍
A post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on
Met elke karakter wat Pretorius vertolk - is daar iets wat sy leer.
"René het my geleer om compassion te hê teenoor ander mense. Dit het my ook geleer om nie mense te oordeel nie." Volgens Pretorius het sy hartseer geraak as mense René veroordeel het oor haar verlede.
"Wat ek die meeste gaan mis van 'Binnelanders' is die mense. Dit was só lekker - ek mis ook om elke dag 'n teks in my hand vas te hou."
View this post on InstagramA post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on
"Daar is geen manual nie"
In Mei het Pretorius besluit om haar verjaarsdag saam met haar aanhangers aanlyn te vier. Haar eerste aanlyn praatjie was ‘n eksklusiewe partytjie waar sy 30 dinge deel wat sy voor 30 geleer het. Nou is Pretorius terug met 'n splinternuwe aanlyn gesprek, 'Break-Ups, Date-Ups, and everything in between' saam met haar man, Andries, hierdie Sondag, 12 Julie.
"Die Sondag gesels ons oor verhoudings, en ook ons verhouding. Verhoudings kan morsig en confusing wees, want daar is geen manual nie."
Die aanlyn gesprek gee hulle en ander die geleentheid om meer te leer oor verhoudings.
View this post on InstagramA post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on
Pretorius het ook genoem dat sy graag wil begin vervaardig en haar eie werk skep.
"Ek is op 'n plek in my lewe, waar ek wil begin werk skep in plaas daarvan om te wag vir werk. As akteur, raak mens soms so gemaklik met wat mens doen." Volgens Pretorius, is vervaardiging 'n heel ander area in die bedryf wat sy wil leer ken.
"Dit is 'n nuwe hoofstuk van my lewe wat ek begin, maar dit is baie scary, maar ek sien uit."
View this post on InstagramA post shared by Simoné Pretorius (@simonenortmann) on
*KOOP jou kaartjie HIER vir 'Break-Ups, Date-Ups, and everything in between' met Simoné en Andries Pretorius.
Show's Stories
-
Rosita Missoni of Italy's eponymous fashion house dies at 93
Rosita Missoni, the co-founder with her husband of Italy's colourful kni...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago -
VIDEO: Flight attendant shares why they greet you
Have you ever wondered why the cabin crew greet every single passenger?
The Drive with Rob & Roz 15 hours ago