EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek
Updated | By Dean Paulse
Sanger Joe Foster gesels met Jacaranda FM, onder andere, oor sy trouplanne met sy verloofde en sy nuwe Engelse liedjie.
In Desember 2018 het die gewilde plaaslike sanger, Joe Foster die grootvraag aan sy nou verloofde Ziechfried Paul gevra.
En nou is Joe en Ziechfried besig om hul groot dag te beplan.
LEES OOK: KYK: Joe Foster is verloof!
“Al wat ons kan sê is dat ons ongelooflik gelukkig saam is,” noem Foster.
Joe Foster was al vir 20 jaar openlik gay by sy familie en vriende, maar het so paar jaar gelede ook besluit om opelike gay te wees in die publiek. “Al kry ons lelike oordeling het ons beide nog nooit soveel liefde ervaar en verstaan nie,” noem Foster.
View this post on InstagramA post shared by Joe Foster (@joefosterofficial) on
LEES OOK: Harry Potter' actor to star in new S.Africa jailbreak drama
“Ek en Ziechfried is vol aan die gang met die trou reëlings, dit verander heeltyd,” verklap Foster.
En ja, die paartjie het al op ‘n datum en venue besluit.
Die paartjie beplan ‘n intieme troue met net die nodige mense wat hul al diep geraak het in hul lewe. “Ziechfried het baie goeie smaak, en is baie goed met hierdie tipe goed en ons het een voorwaarde gemaak – ons mag nie baklei oor een ding van daai dag nie,” noem Foster.
En wat van Joe en Ziechfried se trouliedjie?
Foster roer vir jare aanhangers se hartsnare met sy engelstem en beeldskone lirieke, maar hoe gemaak met die paartjie se trouliedjie?
Volgens Foster, is trouliedjies moeilik om te kies. Die paartjie beplan ‘n sprokiestroue en wil hul drome laat saam smelt. Foster verklap verder aan Jacaranda FM dat hy ook beplan oom self by die groot dag te sing, maar alles is ‘n geheim.
Foster het nie net oor sy groot dag gesels nie, maar het ook meer gedeel oor sy splinternuwe liedjie, ‘One Body’
Nuwe musiek
Die Engelse liefdeslied se liriekvideo was Maandagoggend op die sanger se sosiale media platforms bekendgestel. Die Ghoema-wenner noem dat vir hom belangrik was om homself in enige taal uit te kan druk en dat hy nie beperk wil voel omdat hy ‘n Afrikaanse kunstenaar is nie.
Hy skryf en vervaardig self sy musiekvideo’s – en is ten volle betrokke by elke stap van die fase. Foster beplan nie nou dadelik ‘n musiekvideo vir die liedjie nie, maar wil eers ‘n bietjie wag en met geduld aan die video werk.
KYK NA DIE LIRIEKVIDEO HIER:
Verlief, sukses en geluk is die woorde wat Joe Foster nóú die beste beskryf.
Ons sien uit om die sprokiestroue saam hul te beleef.
Show's Stories
-
Caught in the act! Baby girl starts noticing boys early on
This baby girl is not afraid to show us how she brings all the boys to t...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
Would you buy this baby swing?
We hope these parents had exhausted all other options before coming to t...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago