Familie en vriende bring hulde aan Johann Botha

Familie en vriende bring hulde aan Johann Botha

Die NG Kerk in Lyttleton was volgepak Donderdag middag toe honderde rou beklaers, waaronder vriende en familie, op dié kerk toegsak het om totsiens te sê aan 'n radio- en televisie legende.

Johann Botha casket
MornéJK

Botha is verlede week doosgeskiet tydens 'n rooftog in Johannesburg. 


Sy susterskind, PJ Fourie, het hom beskryf as 'n avontuurlustige man wat nooi stilgesit het nie en wat altyd besig was met een of ander buitengewone projek.


"Daar is altyd 'n wilde storie hoekom Johann nie ons familie byeenkomste kon meemaak nie, en van hulle was omat hy Noorwieers gaan aanvat het omdat hulle onwettig visvang," het Fourie vertel.


Shaun Botha, Johann se broerskind, het vertel hoe sy oom hom laat besef het dat almal net mense is.


"Vir party was hy 'n radioman, vir ander die natuurliefhebber en tv-man, maar hy was my oom.” 


Carte Blanche se uitvoerende vervaardiger, George Mazarakis, het op sy beurt gesê dat Johann 'n groot leemte gaan laat.


"Dit is van selfsprekend dat Johann 'n unieke mens was. Hy is vir ons almal onvervangbaar en ons gaan hom mis."

Show's Stories