Geliefde Katinka Die Kat en man skei

Geliefde Katinka Die Kat en man skei

Internetsensasie en TV-ster, Katinka Die Kat, 26, en haar man, Braam Weyers, 25, het onlangs aangekondig dat hulle "beter af is as net vriende".

Geliefde Katinka Die Kat en man skei
Instagram/ Braam Weyers

Na vier jaar saam as getroudes, het Katinka Die Kat (Oosthuizen) en haar man aangekondig dat hulle gaan skei. 

"Soos julle dalk agter gekom het, is ons nie meer saam as huweliksmaats nie," het die paartjie op sosiale media gedeel. 

"Ons het saam besluuit dat ons 'n wonderlike vier jaar van getroude lewe gehad het, maar dat ons beter af is as net vriende."

Die paartjie het verder genoem dat hulle steeds goeie vriende is en dat hulle vrede het oor die besluit. 

Katinka en Braam het in 2020 getrou. 

Weens die COVID-19-inperking het dinge nie volgens plan verloop nie en die paartjie moes ongelukkig hul troue uitstel. 

Ongeag hierdie uitstelling, het Katinka en Braam besluit dat die pandemie of die inperking hulle nie gaan keer om hul liefde vir mekaar ten toon te stel nie.

Die paartjie het besluit om aanhangers deel te maak van hul spesiale dag, deur hul troue aanlyn te stroom.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories