Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees wen 2018 se Fees van die Jaar
Updated | By Jacaranda FM
Die fees is weer by vanjaar se kykNET Fiëstas as die beste fees in die land aangewys.
Ander wenners by vanjaar se kykNET Fiëstas sluit Amanda Strydom en Sandra Prinsloo in.
LEES OOK: Die Jacaranda FM-bus is op pad na Innibos!
Die 9de kykNET Fiëstas is op 14 Februarie 2019 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en dit was beslis ’n aand ter viering van kreatiwiteit en besonderse prestasies in die uitvoerende kunste.
Die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees het weggestap met die trofee vir fees van die jaar - vir die vierde keer. Dié toekenning is gegrond op stemme van die publiek wat vir 2018 se feeste van regoor die land kon stem.
Dit is nie ons trofee nie, dis die Laeveld s’n- Sandra Jacobs
Sandra Jacobs, media- en bemarkingsbestuurder van Innibos, deel op hul webtuiste dat hulle span dit glad nie verwag nie. “Ons is nou ampetelik die fees wat die toekenning al die meeste kere gewen het,” sê Jacobs. Die fees het in die nege bestaansjaar van die kompetisie al vier maal gewen.
Die fees het die goeie nuus op hul Facebook-blad gedeel.
Die organiseerders noem ook dat hul behoorlik opgewonde vir Innibos 2019 is. Vanjaar se fees vind van 26 tot 29 Junie 2019 plaas en beloof om uit die boonste rakke te wees.
Singer-songwriter Joe Foster took time out of his busy #Innibos schedule to hang out with us at the @jacarandafm OB studio.
— Alex Jay (@AlexJayZA) June 29, 2018
Great to catch up, Joe!@JoeFosterMusic pic.twitter.com/1EQZbPL2iZ
Een van die hoogtepunte was beslis die Jacaranda FM Konsert op die hoofverhoog. Die konsert het gespog met 'n feeslike lys van plaaslike kunstenaars soos Bok van Blerk, Elvis Blue, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld, Touch of Class, Martin Bester, en Elandré Schwartz.
Schalk Bezuidenhout, with his trademark jersey will be performing his new one-man show, Snorseun at Innibos but he will definitely be at the Jacaranda FM concert tonight https://t.co/Vdu0RXxH0G. pic.twitter.com/q5awQJvE10
— JacaBreakfast (@JacaBreakfast) June 29, 2018
The mighty @FrancoisVanCoke hanging out with us at #Innibos pic.twitter.com/S1FX2lj9vH
— Alex Jay (@AlexJayZA) June 29, 2018
Kaartjieverkope begin op 1 Maart. Besoek gerus die fees se Facebook-blad vir meer inligting.
Show's Stories
-
Traveller panics when air hostess hands her a candle
A woman became uneasy when she was handed a battery-operated candle shor...
The Workzone with Alex Jay 33 minutes ago -
The Landing Coffee Shop in Edenvale
Here's to landing a cute coffee spot with champion baristas who bring an...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 33 minutes ago