Jagveld akteurs fliek saam onder die sterre
Updated | By MornéJK
Akteurs van die langverwagte nuwe Afrikaanse aksie fliek Jagveld sal die week sy landswye toer afsluit met 'n spesiale vertoning.

Jagveld is geskryf deur befaamde skrywer, Deon Meyer, en sal Saterdag op die grootskerm by die Wanderers Stadion gewys word. En om dinge nog meer spesiaal te maak, sal die sterre van die fliek dit saam met fliek-gangers kyk.
Leandie du Randt Bosch en Tim Theron sal sal hul by die Lions krieketspelers, Rassie van der Dussen, Dominic Hendricks en Nicky van den Berg aansluit om die nuwe aksie-riller te kyk voordat dit fliekteaters tref.
Waaroor handel Jagveld?
Emma le Roux (vertolk deur Leandie du Randt) is op pad huis toe - die familieplaas in die Groot Karoo. Mooi, sagte Emma, die pasifis en laerskool-onderwyseres het hierdie roete al 'n duisend keer gery, sonder voorval - maar nie vandag nie.
Want haar paaie gaan kruis met Bosman, Baz, Boela, AJ en Piet.
Emma sien hoe dié bende 'n polisieman skiet waarna sy op diue vlug slaan van die monsters wat haar jag soos 'n wilde dier.
Maar sy baklei terug.
Show's Stories
-
Experience Korea in Pretoria at the Korean Cultural Centre
Are you a South African wanting to experience Korean culture? Don’t stre...
Breakfast with Martin Bester 8 minutes ago -
Will South Africa really get a Grade 13 from 2026?
Rumours that the Department of Basic Education will introduce Grade 13 n...
Breakfast with Martin Bester 36 minutes ago