Jagveld gaan op 'n landswye toer
Updated | By MornéJK
Die nuwe Afrikaanse aksie-riller, Jagveld, uit die pen van die bekroonde skrywer in die riller-genre, Deon Meyer, vertrek eersdaags op 'n landfsywe toer.

Jagveld spog met 'n ster-belaaide rolverdeling waaronder, Leandie Du Randt, Neels van Jaarsveld, Tim Theron en Tertius Meintjies en sal op die 17de Maart fliekteaters tref.
Sommige van die spesiale voorvertonings gaan in unieke buitelug-fasiliteite plaasvind, in ongewone plekke waar flieks nie sommer eksklusief gewys word nie.
ALSO READ: Jagveld lokprent vrygestel
Van die akteurs uit die fliek gaan ook hierdie voorvertonings bywoon - om aanhangers te ontmoet en saam te fliek.
Jagveld word beskou as 'n sterk nuwe toevoeging tot die Suid-Afrikaanse filmbedryf in 'n genre wat nog nie in Afrikaans verken is nie.
Dit tref die silwerskerm met impak en lewer spanningsvolle elemente van die genre met die ondersteuning van atmosferiese kamerawerk.
Show's Stories
-
List of 31st Screen Actors Guild Award winners
Here are the winners of the 31st Screen Actors Guild Awards.
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
Boredom isn't a good enough reason for unlimited screen time
Embracing boredom helped this young girl discover hidden talents she nev...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago