Karlien van Jaarsveld is verloof
Updated | By MornéJK
Afrikaanse pop prinses, Karlien van Jaarsveld het die naweek op sosiale media bevestig dat sy en rugby-speler, Joe Breytenbach verloof is.
Alhoewel dit nie duidelik is presies wanneer die paartjie verloof geraak het nie, wil dit voorkom asof Joe die ja-woord gevra het terwyl hy en Karlien met vakansie was in Mosambiek.
Karlien het 'n foto van jaar ring op Instagram geplaas en dis nogal 'n grootte!
Dit kom na maande se bespiegeling dat dié twee 'n paartjie is.
Intussen het Karlien se eks, Derick Hougaard, 'n artikel wat na Karlien en Joe se verlowing verwys op Facebook gedeel, maar nog nie veel daaroor te sê gehad nie.
LEES OOK: FOTO'S: Hougaard by tweeling se verjaarsdag partytjie
Derick is onlangs op sosiale media gekritiseer omdat hy sukkel om sy egskeiding te verwerk.
Karlien en Derick was vir 'n ruk lank Suid-Afrika se glanspaartjie nadat hulle in 2013 getrou het, maar verlede jaar het Karlien op Facebook aangekondig dat hulle paadjies gaan skei.
Hulle het ook twee seuntjies saam.
Baie geluk Karlien!
Show's Stories
-
We found the youngest braai master ever
This little man looked like he had everything under control until he dis...
The Workzone with Alex Jay 2 days, 6 hours ago -
Visit Maropeng: The Cradle of Humankind heritage museum
The Maropeng Visitor Centre offers an award-winning, world-class exhibit...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 2 days, 6 hours ago