Kurt Darren en Karen Zoid maak gereed vir 'Maak My Famous' finaal
Updated | By Dean Paulse
Die 'Maak My Famous' Top 4 was Donderdagaand aangewys en maak gereed vir die finaal!

In Donderdagaand se voorlaaste episode van Maak My Famous het die Top 5 kykers vermaak met mini-optredes. Megan Danner, Bernice West, Cheswyn Ruiters en SA Ensemble het elkeen drie liedjies gesing, terwyl The Unknown oudergewoonte musiek met hul danspassies op hul unieke wyse gekombineer het.
Aan die einde van die aand moes die gehoor weer stem wie huis toe moet gaan. The Unknown moes ongelukkig die kompetisie verlaat.
Megan, Bernice, Cheswyn en SA Ensemble is die Top 4-deelnemers wat deurdring na die Maak My Famous finaal, wat regstreeks op Donderdag 11 Julie om 20:00 op kykNET en kykNET&kie uitgesaai word.
Tydens die finaal tree maak die Maak My Famous Top 10 weer ‘n verskyning. Daar sal gasoptredes van Kurt Darren, Karen Zoid en Belinda Davids wees.
Lees meer oor Megan, Bernice, Cheswyn en SA Ensemble.
KYK OOK NA HUL OPTREDES
Show's Stories
-
WATCH: Serena Williams reveals truth about Super Bowl dance
The former tennis player has set the record straight about her appearanc...
The Drive with Rob & Roz 15 minutes ago -
The "dad" way of doing an Easter egg hunt
This seems like a really fun way to do Easter egg hunts...
The Workzone with Alex Jay 3 hours ago