KYK: Drie voormalige '7de Laan'-akteurs nou te sien in gewilde sepie
Updated | By Dean Paulse
Drie van '7de Laan' se voormalige akteurs is tans te sien in 'n gewilde kykNET-sepie.

Drie van '7de Laan' se oud-akteurs is tans te sien in die gewilde kykNET-sepie, 'Getroud Met Rugby'.
Volgens, Michelle Nortje, hoof van bemarking by 'Getroud Met Rugby', sal al drie dié akteurs in die sepie te sien wees tot 30 September.
LEES: 'Binnelanders' en 'Legacy' se Mila Guy smoorverlief
Die gewilde sepie sal einde September tot 'n einde kom.
Hier is die drie akteurs wat tans in die sepie te sien is:
André Lötter as Chris Fourie:
Chris Fourie is ’n voormalige MMA fighter, maar is nou ’n persoonlike afrigter wat op kondisionering en selfverdediging. Sy dienste is duur, maar hy is bitter goed en passievol oor sy werk.

Markus Haywood as Philip 'Flip' Strauss
Philip (Flip) Strauss is die nuwe speler (vleuel) by die Stryders en ook ’n player. As gevolg van die hoë egskeidingsyfer glo hy nie in die huwelik nie. Hy het baie selfvertroue en probeer verskeie meisies/vroue se aandag trek.

Francois Lensley as Wouter Oberholzer:
Wouter Oberholzer is die Stryders se nuwe assistant-afrigter, en ook Lulu (Ansu Visser) se nuwe love interest. Hy is in 2019 geskei en het twee kinders uit die huwelik – Michelle (7) en Waldo (8) wat by hulle ma woon. Wouter is ’n ervare rugbyman - dit is sy roeping. As ’n suksesvolle voormalige rugbyspeler, het sy rol as afrigter maklik gebeur. Aan die einde van 2019 (ses maande na sy egskeiding) Ierland toe waar hy ook ’n assistant-afrigter was. Hy is gaaf, hardwerkend en baie volwasse.

Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Hilarious moment JHB husband reveals painting of wife
When you see yourself through the eyes of your spouse...
The Workzone with Alex Jay 12 hours ago -
Get ready to roller skate at Rollercade Pretoria
Have you visited Menlyn Park's biggest and best roller-skating family ri...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 12 hours ago