KYK: Só vind Marciel Hopkins se man uit dat sy swanger is
Updated | By Jacaranda FM
Die voormalige 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder, Marciel Hopkins, het onlangs aangekondig dat sy en haar man, Handrè Lourens, hul eersteling verwag.

In September 2024 het die model en TV-aanbieder, Marciel Hopkins, aangekondig dat haar reis as die aanbieder van die gewilde maatsoekreeks, 'Boer Soek 'n Vrou', tot 'n einde kom.
Nou is Hopkins reg vir die volgende seisoen van haar lewe.
Marciel en haar man, Handrè Lourens, het Sondag, 12 Januarie, aangekondig dat hulle hul eerste "klein bondeltjie vreugde" verwag.
LEES: 'Boer Soek 'n Vrou'-aanbieder swanger!
Die paartjie het prentjiemooi foto's op sosiale media gedeel om die goeie nuus aan te kondig.
"16 weke van ons klein bondeltjie vreugde wat groei en my reeds op my tone hou," het Hopkins op sosiale media geskryf.
Die pragfoto's wys hoe die paartjie op Clifton 4th Beach se klippe sit, terwyl Marciel spog met ultraklank-foto's van hul eersteling.
'n Ander foto wys hoe die aktrise haar maag vashou.
"Die Here het só duidelik met my hart gepraat oor die volgende seisoen van my lewe, so ons het groot gedroom oor hierdie baba-blessing en is gereed vir die avontuur van 'n leeftyd wat voorlê!"
Hopkins het Dinsdag, 14 Januarie 2025, 'n video op sosiale media gedeel waarin sy haar man vertel het dat sy swanger is.
En sy reaksie is skreeusnaaks en natuurlik... oulik.
Baba Hopkins-Lourens sal in Junie 2025 by die gesin aansluit.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Weird practice gets you a discount at this Thai restaurant
A restaurant in Thailand gives customers a discount based on which of th...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago -
WATCH: Gauteng driver allegedly asleep at the wheel
If you saw someone asleep at the wheel, would you take out your phone to...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago