KYK: SARIE Tydskrif se nuwe voorbladgesig
Updated | By Jacaranda FM
Die
Oktober-uitgawe van SARIE, met ’n stralende Schané van Alberton op die
voorblad, sal van
Maandag 23 September landwyd op die winkelrakke wees.

Schané Venter, ’n 27-jarige bedryfs- en logistieke bestuurder wat vir die Mej. SA-organisasie werk, is gisteraand tydens ’n glansgeleentheid in Kaapstad as SARIE Voorbladgesig 2019 aangewys.
LEES OOK: Elana Afrika-Bredenkamp dazzles on the new cover of SARIE
“Schané is ons 11de wenner en die feit dat sy in SARIE se 70ste bestaansjaar wen, maak dit nóg meer spesiaal. Sy is ons SARIE70-wenner!” het SARIE-redakteur Michélle van Breda tydens die aankondiging gesê.
“Alles omtrent Schané is modern – haar voorkoms, haar ingesteldheid. Sy verteenwoordig in vele opsigte vandag se SARIE-leser en die SA vrou: onafhanklik, vooruitdenkend, positief, ingelig, ’n regte go-getter. Haar lyftaal sê dié inspirerende vrou gaan nie sommer gekeer word nie. Dít is ’n belangrike boodskap in SA vandag waar vroue veg om sonder vrees, oordeel of intimidasie hul persoonlike en professionele ideale te bereik,” het Michélle beklemtoon.
View this post on InstagramA post shared by s c h a n é 🧚🏼♀️ (@schaneventer) on
Dit is die tweede keer dat Schané aan die SARIE Voorbladgesig-wedstryd deelneem. Sy het ook in 2015 ingeskryf, maar dié keer kon die beoordelaars haar nie miskyk tussen die duisende inskrywings om die Top-10 te haal nie. “Wie kan daardie breë Julia Roberts-glimlag weerstaan!” het Michélle gesê.
LEES OOK: WATCH: Centurion mom of two, now magazine cover star
Schané, wat matriek aan die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton geskryf en ’n graad in BCom-bemarkingsbestuur aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus behaal het, sê haar jare van deelname aan gimnastiek het haar gevorm en ’n dissipline geleer wat sy gereeld in haar lewe toepas: Probeer altyd nog één keer! Sy hét, en wen toe SARIE se gesogte Oktober-voorblad.
“Ek ken SARIE vandat ek ’n klein dogtertjie is en het nog altyd die voorblaaie bewonder. Gesigte wat met my gepraat en my geïnspireer het. Ek wóú een van daardie gesigte wees,” het Schané op haar inskrywingsvorm geantwoord oor waarom sy inskryf vir SARIE Voorbladgesig – tans die land se grootste tydskrifwedstryd met byna 65 000 inskrywings wat oor die afgelope nege jaar ontvang is.
Hier is Schané se voorblad:

Show's Stories
-
LOOK: Springbok engaged to high school sweetheart!
Love is in the air for another happy couple.
The Drive with Rob & Roz 3 hours ago -
Hoekom eet ons pannekoek as dit reën?
Daar is niks lekkerder as pannekoek op 'n reënerige dag.
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago