Legendariese aktrise Michelle Botes sterf
Updated | By Jacaranda FM
Die beeldskone Michelle Botes, beter bekend vir haar ikoniese rol as 'Cherel de Villiers-le Roux-Haines-Holmes' in Isidingo, is vanoggend oorlede.
Michelle Botes, 63, is een van Suid-Afrika se mees geliefde aktrises - met talle toekennings en rolle agter haar naam.
'Die Swart Kat', 'Beelde', 'Arende', Konings' - noem dit en Michelle Botes het al haar verskyning gemaak.
Die aktrise is veral bekend vir haar feeks-rol in 'Isidingo' - as 'Cherel de Villiers-le Roux-Haines-Holmes'.
Haar rol as 'Cherel' het haar talle toekenings verdien, onder andere vir Beste Aktrise in 'n Sepie.
Die rol was "uitputtend" en sy moes eers vir 'n ruk stil word.
"Ek was uitgebrand. Ek moes my lewe verander. Op daardie statium het ek die rol vertolk van 'Cherel' - en sy was 'n t**f," het sy in 2020 aan Jacaranda FM genoem.
Botes was ook te sien in die M-Net telenovelle, 'Legacy'.
"Dit is my eerste telenovelle. Dit is vinnig en dit is so pret. Ons weet nie wat is die eindproduk nie - dit is net só anders. My karakter is baie dramaties, wild."
Botes is Saterdagoggend, 21 Desember 2024, aan kanker oorlede.
Die hartseer nuus is deur Bruis Tydskrif bevestig.
In haar laaste onderhoud wat sy enkele weke gelede met Bruis Tydskrif gedoen het, het sy openhartig vertel van haar stryd die afgelope twee en 'n half jaar met gevorderde veelvuldige myeloom, ’n seldsame, ongeneeslike soort bloedkanker wat die beenmurg affekteer.
Sy het sedert haar kankerdiagnose in Julie 2022 by haar seun, Daniel, en sy vrou, Nolene, in Observatory, Kaapstad, gewoon. Sy is aanvanklik met chemoterapie en steroïede behandel en het later 'n stamseloorplanting gekry, maar wou nie met dié behandeling voortgaan nie.
"Ek het nie kans gesien om weer so verskriklik sleg te voel en nie myself te wees nie," het sy aan Bruis Tydskrif gesê.
Ons innige meegevoel aan haar kinders, Cara en Daniel, familie en vriende met die heengaan van die legendariese aktrise, Michelle Botes.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
FOTO: Bruis Tydskrif
Show's Stories
-
Oscar nominees in main categories
Here are the nominees in key categories for the 97th Academy Awards, to ...
Breakfast with Martin Bester 29 minutes ago -
LISTEN: "Lost" Tina Turner song rediscovered after decades
The long-lost song is set to appear on a 40th anniversary, expanded edit...
Breakfast with Martin Bester an hour ago