Liewe Heksie is in Pretoria
Updated | By MorneJK
Margit Meyer-Rodenbeck is te sien as Liewe Heksie in Flower Power wat tans by die Brooklyn Teater in Pretoria op die planke is.
Die verhoog-produksie spog met groot name soos Margit Meyer-Rödenbeck, (Dowwe Dolla) Chris van Niekerk, Loukmaan Adams en Hannes van Wyk in die rolverdeling.
Die teks is deur Francois Toerien en Margit Meyer-Rodenbeck ontwikkel met veteraan, Lizz Meiring wat die regie behartig.
"Mens kan die produksie net in een woord opsom: PRET!," meen Meyer-Rodenbeck wat die rol van Liewe Heksie vertolk.
Sy meen enige een - of jy 4 of 84 is - sal skater van die lag en die produksie geniet.
Karel-Kat, Blommie Kabouter en tot die Geel Heks het in Pretoria kom kuier en as jy hulle in aksie wil sien, kyk gerus die video vir meer besonderhede:
Show's Stories
-
Love for LA and political quips: top moments at the Grammys
The 67th Grammy Awards on Sunday was a history-making evening that serve...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago -
LISTEN: Husband annoyed at forgetful wife
Who is in the wrong here?
The Drive with Rob & Roz 12 hours ago