Modder & Bloed musiek-video bekendgestel
Updated | By MornéJK
Die musiekvideo vir die temalied van Modder & Bloed, deur Bok van Blerk, is bekendgestel.
Hierdie liedjie is maar net ‘n voorsmakie van die emosiebelaaide musiek wat op die klankbaan te hoor sal wees.
Die film speel af in 1901 teen die agtergrond van die Anglo-Boere Oorlog en vertel die verhaal van ‘n Boer, Willem Morkel, wie se vrou en enigste kind deur Britse soldate vermoor word en hoe hy dan as krygsgevangene saam met ander gevangenes ‘n aanbod aanvaar wat tot die belangrikste wedstryd van hul lewens lei.
Bo-en-behalwe die temalied, is liedjies van Corlea Botha, Karlien van Jaarsveld, Dewald Wasserfall, Gerhard Steyn en Ghapi ook op die klankbaan.
Show's Stories
-
3 cute Valentine gift exchanges for your kids
There's nothing like puppy love to make you believe in the spirit of lov...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago -
A bad Hulk face painting leaves mom fuming
Everyone's creativity levels differ, but this is an effortless productio...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp an hour ago