'n Eerste vir Die Heuwels Fantasties
Updated | By MornéJK
Die Heuwels Fantasies het een van Suid-Afrika se heel eerste 360°-musiekvideo die lig laat sien tydens die bekendstelling van hul nuwe album Okay!
Volgens die Heuwels se anger Pierre Greeff wou hulle iets unieks doen vir die nuwe album.
"Sover ons weet is dit die heel eerste keer dat 'n musiekvideo in Suid-Afrika regstreeks in die virtuele werklikheid opgeneem word (oftewel as 'n 360°-video)," sê Pierre.
Hy sê ook dat aanhangers, wat nie by die konsert was nie, nou kan ervaar hoe dit was en 'n gevoel kan kry van hoe dit is om saam met groep op die verhoog te wees.
Hoe werk dit?
'n 360°-video's word op dieselfde tyd met verskeie kameras geskiet en dan in een video saamgestel sodat die kyker hom of haar ten volle daarin kan inleef.
Show's Stories
-
Die Drive se "My Vakansie" stories!
Rob Forbes en Rozanne McKenzie is terug vir die nuwe jaar en het besluit...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
VIDEO: Emotional moment as vice-chancellor caps daughter
This father-daughter duo experienced a special moment few people can claim.
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago