Na tien jaar keer Leandie du Randt terug na 'Getroud Met Rugby'
Updated | By Dean Paulse
Aktrise, ontwerper, skrywer, entrepreneur en aanbieder - is maar net 'n paar woorde wat Leandie du Randt die beste beskryf.

Tien jaar gelede, het Leandie du Randt een van haar eerste rolle as 'Mieke' in die gewilde Afrikaanse-kykNet-sepie, 'Getroud Met Rugby' gekry.
LEES OOK: EKSKLUSIEF: Joe Foster verklap meer oor troue en nuwe musiek
Sy het sedert haar debuut in die sepie groot naam gemaak. Du Randt het nie net al in verskeie flieks verskyn nie, maar het ook onlangs haar eie klere reeks en motiveringsboeke bekendgestel.
Du Randt het ook haar eie wyn en het onlangs haar eie onderneming begin, To Be Gifted Boxes.
By die viering van 'Getroud Met Rugby' se 10de verjaarsdag op Dinsdag, het du Randt die groot nuus aan SARIE Tydskrif verklap dat sy terug keer na die gewilde sepie!
Hier is 'n kort video van 2012 van Du Randt se karakter in 'Getroud Met Rugby':
Ons is opgewonde om te sien hoe 'Miekie' 10 jaar later gaan lyk.
Show's Stories
-
VIDEO: Halle Berry gets "payback" by kissing actor at Oscars
The Academy Award-winning actress finally gets even – 22 years later.
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago -
LOOK: Mercedes-Benz announces Baby G-Wagen!
The company have confirmed the "more affordable" version.
The Drive with Rob & Roz 5 hours ago