Ontmoet die nuwe aanbieder vir 'Ontbytsake'
Updated | By Jacaranda FM
'Ontbytsake' is trots om aan te kondig dat Charlene Lackay by die span aansluit.
Charlene Lackey is 'n media persoonlikheid en Groephoof: Volhoubaarheid by Momentum Metropolitan en ook 'n ervare TV-aanbieder.
LEES: Talle mans verkies om te sit en urineer
Sy sal vanaf Saterdag 3 Junie saam met Dawie Roodt, Leon Gropp en Corli Prinsloo in die ateljee wees.
"Ek sien uit na die opwinding," sê Charlene. "Dit gaan lekker wees om in ’n span te werk en elke week ’n verskeidenheid mense te ontmoet wat hul passies uitleef, ondernemings bou en werk vir ander skep. Ek sien ook uit om ons ryke skat van kunstenaars te leer ken, want soos ons almal weet: Afrikaanse musiek en kultuur ontplof!"
KYK: Elandré sing Tina Turner se 'The Best'
Sy glo haar nuuskierigheid is een van die dinge wat sy na die 'Ontbytsake'-tafel bring.
"Ek stel belang in mense. My beste tye voor die kamera was wanneer ek gaste kon ondersteun om hulle plek in die son te vind. Ek sien uit daarna om oor mense se suksesse en belewenisse te gesels."
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
Experts share the best dental tips and advice
It's time to step up your dental health game.
The Drive with Rob & Roz 5 minutes ago -
Prague host first display of 3,1-million-year-old Lucy
The bone fragments of Lucy, a 3.18 million year-old human ancestor which...
The Drive with Rob & Roz an hour ago