Ontmoet 'Maak My Famous' se Top 20!
Updated | By Dean Paulse
Die Top 20 van 'Maak My Famous' is op Woensdag aangekondig!
Die laaste 12 deelnemers van die Top 48 het gisteraand opgetrede – en nou maak die Top 20 gereed om jou net nog meer te vermaak!
Uitvoerende vervaardiger en aanbieder Emo Adams, het een van sy Emo Tickets gebruik om vir Emma Ellis in die dames-kategorie te red.
LEES: KYK: Emma Ellis wil musiekliefhebbers bemoedig met haar musiek
“Dit was ’n moeilike keuse vir my. Daar was twee talente wat ek wou save. Emma was een van dit en Vocal Dynamix was definitief ook een wat uitgestaan het vir my. Maar omdat ek reeds ’n groep gehad het in die Top 20, wou ek diversiteit hê. So Emma was hands down vir my die beste keuse, want haar performance was klein en simple en die song is net so mooi. Haar delivery van dit was great, ” vertel Emo.
View this post on InstagramHier is die finale 5 wat deur dring tot die TOP-20 van #MaakMyFamous 🤩🤩
A post shared by Maak My Famous (@maakmyfamoussa) on
Hier is die volledige Top 20:
- Carmen Basson van Vrystaat
- Henrico Snyders van Vredendal
- Jayson Kleinschmidt van Paarl
- Die Wesso’s van George
- Xan Logan van Kaapstad (Emo ticket)
- Rikus Pieters van Kimberley
- Dfeat SA van Kuilsriver
- Jade Engelbrecht van Mitchells Plein
- Ayden & Tamaryn Beukes van Namibië
- Nicoleen Saal van Ocean View
- Reggie B van Rawsonville
- Riché Koopman van Kraaifontein
- Gideon Lottering (G.Notes) van George
- Nolene Spinks (Spinksie) van Port Elizabeth (Emo ticket)
- Daylin Sass van Hanover Park (Emo ticket)
- Henrico Coetzer van Pretoria
- Rodney Goliath van Paarl
- Tenacity Movement van Uitsig
- Emma Ellis van Port Elizabeth
- Kezia Swarts van Oudtshoorn
Moenie vergeet om volgende week in te skakel om die eerste 10 talente van die Top 20 se optredes te kyk nie!
'Maak My Famous' word elke Woensdag om 20:00 op kykNET en 21:00 op kykNET & kie uitgesaai.
View this post on InstagramA post shared by Maak My Famous (@maakmyfamoussa) on
Show's Stories
-
Hierdie vier skole in die Moot laat nie selfone toe nie
Dink jy skole moet selfoongebruik verbied?
Breakfast with Martin Bester 42 minutes ago -
Hykie Berg opens up about history with substance abuse
For the last stretch of Jacaranda FM’s Safe Space, Breakfast with Martin...
Breakfast with Martin Bester 11 hours ago