Platinum status vir Refentse Morake
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sanger, Refentse Morake se dewbuut album het in etlike maande platinum status bereik.

Dit beteken dat meer as 30 000 eenhede van sy debuut album, My Hart Bly In 'n Taal verkoop is.
Refentse het groot opspraak gemaak nadat 'n Youtube video duisende kere op sosiale media gedeel is waar hy Afrikaanse treffers sing.
Kort daarna het Refentse 'n plate-ooreenkoms geteken en is sy drome bewaarheid.
Sy debuut album, My Hart Bly In 'n Taal is 'n samevatting van verskeie Afrikaanse treffers waarop Refentse sy eie stempel afdruk.
Sommer van die staanspoor af, met sy weergawe van Sonvanger, pluk hy aan jou hartsnare en hoor jy die uitsonderlike en unike kwaliteit van sy stem.
LEES OOK: Goud vir Jay en Lianie May
Natuurlik sing Refentse diep, roerend en pragtig oor die liefde - die verlore liefde... die heimwee van herinnering, iets wat ons almal al te goed ken.
Sy hart is in ‘n taal en sonder enige twyfel is hierdie taal egte opregte goeie Afrikaans.
Show's Stories
-
Woman shows how many Easter eggs she bought
How much is too much when it comes to buying Easter eggs?
The Workzone with Alex Jay 1 day, 3 hours ago -
Enjoy a rainbow Easter weekend at Melrose Arch
This weekend, Melrose Arch transforms into a wonderland of colour and f...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 3 hours ago